Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Speletjies
Verslawing aan videospeletjies deur WGO erken

Die verslawing aan videospeletjies is amptelik deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as ’n geestesiekte erken.


Verslawing aan videospeletjies is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) as ’n geestesiekte geklassifiseer.Foto: Pixabay

Dit word in die WGO se Internasionale Klassifikasie van Siektes (ICD) beskryf as ’n “patroon van voortdurende en herhalende spelgedrag” wat so gevorderd raak dat dit “voorrang bo ander belange in die lewe neem”.

Shekhar Saxena, ’n kundige van psigiese gesondheid en middelmisbruik van die WGO, sê van die ergste gevalle wat in wêreldwye navorsing aangeteken is, sluit in mense wat tot 20 uur per dag speel en slaap, kos, werk of skool en ander aktiwiteite opoffer.

Hy het benadruk dat slegs ’n klein minderheid van mense wat digitale en videospeletjies geniet ’n probleem sal ontwikkel, maar as mense die vroeë waarskuwingstekens herken, kan dit vermy word.

“Dit is ’n tydelike of kortstondige gedrag,” sê Saxena en voeg by dat slegs as sulke gedrag vir rondom ’n jaar voortduur, sal ’n moontlike diagnose van ’n steurnis kan plaasvind.

Die Video Games Coalition, ’n drukgroep van binne die speletjiesbedryf, het gereageer dat die “onderrig-, terapeutiese en ontspanningswaarde” van speletjies wyd erken word en geëis dat die WGO sy bevinding heroorweeg.

Die ICD dek 55 000 beserings, siektes en oorsake van sterftes. In die jongste weergawe, bekend as ICD-11, is klassifikasies oor seksuele gesondheid ook gewysig, met seksuele disfunksie en gender-inkongruensie wat nou onder seksuele gesondheid val en nie meer onder psigiese gesondheid nie.

Daar is ook ’n nuwe hoofstuk oor tradisionele medisyne. - Reuters


Meer oor:  Videospeletjies  |  Verslawing
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.