Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
100 gratis kaartjies op Optog! beskikbaar

Spring gou! Jy staan die kans om Saterdag, die 100ste dag van die staat van inperking, ’n gratis kaartjie na een van die konserte in Optog! se e-biblioteek los te slaan.

Dit sal van Saterdag om 08:00 beskikbaar wees, maar daar is net 100 kaartjies beskikbaar. So jy sal moet vinnig speel om met ’n gratis kaartjie weg te stap.

Optog! bied Saterdag van 08:00 af 100 gratis kaartjies na enige van sy konserte.

Dit sluit in konserte van Nataniël, 3 van die bestes en Jak de Priester.

Hiermee wil Optog! konsertgangers bedank dat hulle die inperking saam met Optog! deurgebring het.

Dit werk so: Besoek Optog! se webblad. Klik op die 100 dae “lockdown”-kaartjie en klik daarna op “gooi in mandjie”.

Vul jou besonderhede in en kies die konsert waarna jy wil kyk deur op “Kies e-konsert” te klik.

Jou kaartjie sal op die 100ste dag van die inperking beskikbaar wees.

Alle konserte is 72 uur lank beskikbaar nadat jy dit ontvang het.

Net 100 gratis kaartjies is beskikbaar.

Besoek Optog! of stuur ’n e-pos aan info@optog.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.