Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Kandidate vir kompetisie gekies

532 leerlinge het vanjaar vir die Nasionale Toneelspelkompetisie ingeskryf.

80 kandidate is ná uitdunrondes landwyd gekies om van 11 tot 13 Mei in die Kunstekaap in Kaapstad deel te neem aan die finale kompetisie.

Die Hoërskool Bellville bied die kompetisie sedert 2002 aan. KykNET is sedert 2013 die hoofborg. Ander vennote is RSG, Kunstekaap, WOW, die Woordfees en die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans.

Leerlinge van gr. 8 tot gr. 12 kan deelneem. Die kandidate doen verhoogwerk wat bestaan uit ’n uittreksel uit ’n drama, ’n stuk prosa en ’n gedig. In die tweede ronde lê die leerlinge ook ’n oudisie vir ’n radiodrama in RSG se ateljees in Seepunt af. In ronde 3 word die kandidate blootgestel aan kamerawerk en tree op die stel van die sepie Suidooster op.

Vir die kandidate in gr. 12 is daar ’n kans om ’n beurs van die WOW/Woordfees te ontvang om in die uitvoerende kunste aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Benewens die geldpryse kan kandidate ook in Suidooster en Getroud met rugby verskyn. Verlede jaar het van die deelnemers ook rolle in ander TV-reekse gekry. Kyk­NET het ook ’n kortfliek met die finaliste vervaardig wat in Augustus op die Silwerskermfees bekend gestel word.

Kontak Herman van der Westhuizen by 021 948 1801 met navrae.

Meer oor:  Teater  |  Akteurs  |  Toneelspel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.