Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Dié boontjierank in toneelstuk vir kinders het heelparty kinkels
Nathaniel Mabote (bo) en Franco de Wet hang aan die boontjierank in die kindertoneelstuk Jack and the Beanstalk. Foto: Estie Strydom

Die opvoering van Jack and the Beanstalk deur dramastudente aan Kovsies het kinkels en verrassings wat vir kinders ’n opwindende leerskool sal wees.

Die verhaal begin soos die meeste dit ken: Jack verkoop hul koei aan ’n ou man vir vyf bone. Toe hy die bone vir sy ma gee, is sy so kwaad sy gooi dit by die venster uit.

Die volgende oggend staan daar ’n reuse-boontjierank. Jack besluit om tot bo te klim om te kyk of daar nie ’n goue eier is waarmee hy die koei kan terugkoop nie.

Op sy avontuur in die wolke – so hoog het die boontjierank oornag gegroei – kom Jack allerhande pratende voedselsoorte en geurmiddels teë.

As jy nie weet wat geurmiddels is nie, moenie bekommerd wees nie, Jack weet ook nie.

Hy weet wel hy het in ’n reus se kombuis beland en dié grootmeneer is so honger hy maak kort-kort die yskas oop op soek na iets om te eet.

Jack is so klein soos ’n soetkoekie teen die reus en vrees dat hy die hoofgereg op die reus se spyskaart kan word.

En al wat hy wou hê, is ’n goue eier vir hul koei.

Dié effens aangepaste sprokie is UV-drama se eerste produksie vanjaar.

Walter Strydom is die regisseur. 

 Jack and the Beanstalk word op 6 Mei om 15:00, 7 en 8 Mei om 11:00 en 18:00, en 9 Mei om 11:00 in die Scaena-Replokaal opgevoer. Kaartjies kos R40 en R30 en is by Computicket of die deur.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.