Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
John Kani weer by ‘Sizwe’ betrokke
Atandwa Kani en Mncedisi ­Shabangu in Sizwe Banzi is Dead. Foto: Ruphin Coudyser

Veertig jaar gelede het John Kani en Winston Ntshona gesamentlik die Tony vir die beste akteur vir hul ­vertolkings in Sizwe Banzi is Dead gewen. Nou is Kani terug as die regisseur van dié stuk met sy seun, Atandwa, in die rol wat hom bekend gemaak het.

In die stuk vertolk Atandwa Kani die rolle van Styles en ­Buntu. Mncedisi Shabangu ­vertolk die rol van Sizwe Banzi.

Kani en Ntshona het die stuk in samewerking met Athol ­Fugard geskep. Bykans ’n dekade gelede het die twee die oorspronklike rolle vertolk toe hulle die stuk in die Baxter-teater in Rondebosch op die planke ­gebring het. Die stuk word nou weer van 19 Augustus tot 12 September in die Baxter Flipside opgevoer.

Toe die stuk in Januarie ­vanjaar in Amerika opgevoer is, het The New York Times onder meer gesê dit is oortuigende teater wat “deur onderbeklemtoning ’n nagmerriewêreld skep”.

Melding is ook gemaak van die subtiele humor aanvanklik wat soos die stuk vorder in donker ondertone oorgaan. Die wêreldpremière van die stuk was in Oktober 1972 in die oorspronklike Ruimteteater in Kaapstad. Hierna is dit na Londen, waar die London Theatre Critics Award daaraan toegeken is. Die Amerikaanse première was op 13 November 1974. 

■ Bespreek kaartjies by Computicket. 

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.