Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Skrywer van Ndl slyp skeppende denke
Eureka Barnard, projekbestuurder by die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere, en die Nederlandse kinder- en jeugboekskrywer Benny Lindelauf.

’n BEKENDE Nederlandse skrywer van kinder- en jeugboeke wat Suid-Afrika op uitnodiging besoek, sal Vrydag ’n werksessie met die twee Afrikaanse skrywers Jaco Jacobs en Fanie Viljoen in Bloemfontein aanbied.

Benny Lindelauf is nie net ’n suksesvolle skrywer nie, hy behaal ook merkwaardige sukses met die ontsluiting van skeppende denke by jong mense.

Volgens Izak de Vries, fiksie-bemarker by Lapa-uitgewers, het ’n nuwe program vir die ontwikkeling van Nederlandse skoliere se kreatiwiteit, hul leesvermoë en begrip aansienlik verbeter.

Lindelauf, wat gereeld werksessies aanbied, is vir ses maande as inwonende skrywer by ’n skool in Nederland aangestel om skoliere se skeppende denke te help ontwikkel.

Daniel Hugo het reeds twee van Lindelaauf se boeke, Die hemel van Heivisj en Nege oop Arms, in Afrikaans vertaal.

De Vries sê voorts: “Julle in Bloemfontein sit met die twee heel suksesvolste Afrikaanse skrywers van kinder- en jeugboeke. Dit is dan ook niks minder as reg dat die vlagskipgeleentheid in jul stad plaasvind nie.”

Jacobs, Viljoen en Lindelauf bied die werksessie vir jong voornemende skrywers Vrydag van 09:00 tot 15:00 by die Hoërskool Sand du Plessis aan.

Hoewel dit op skoliere gerig is, is volwasse belangstellendes ook welkom. Kontak Mari Smit by 083-274-8856 of marismit@ctsbloem.co.za. Lindelauf bied ook werksessies in Kaapstad, Port Elizabeth en Pretoria aan.

Die Suid-Afrikaanse Sentrum vir Nederland en Vlaandere het die skrywer ook vanweë sy belangstelling in Afrikaanse skrywers na Suid-Afrika gebring.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.