Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Tertius Kapp bekroon met Hertzogprys
Die dramaturg Tertius Kapp is met die Hertzogprys bekroon. Foto: Trude Gunther

Die Hertzogprys vir Drama is vanjaar aan die dramaturg Tertius Kapp vir sy dramas Rooiland en Oorsee toegeken.

Dié prys is die vernaamste prestigeprys in die Afrikaanse letterkundige wêreld en heet na die groot kampvegter vir Afrikaans, genl. J.B.M. Hertzog.

Die Eugène Marais-prys is aan Nicola Hanekom toegeken vir haar drama Die pad byster.

Dié prys vereer eerste of vroeë letterkundige werk en kan net een keer aan ’n persoon toegeken word.

Die bekronings word jaarliks deur die Raad van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns toegeken.

Die pryse sal tydens bekroningsplegtighede, onderskeidelik in Stellenbosch (24 Junie) en Pretoria (2 Oktober) oorhandig word.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.