Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘A Christmas Carol’ is terug in Jhb

VR Theatrical se gewilde produksie van die toneelstuk A Christmas Carol spog vanjaar met ’n nuwe rolverdeling en regisseur.

A Christmas Carol is eersdaags terug op die planke in Johannesburg.

Charlie Bouguenon en Amber Burnhams vertolk die karakters in dié verhoogverwerking van Charles Dickens se klassieke novelle.

Jaco van Rensburg is die regisseur.

Dit word van 4 Desember tot 5 Januarie in Pieter Toerien se Studio-teater by Montecasino in Johannesburg vir die derde opeenvolgende jaar aangebied.

“Vandat ek kan onthou was ek mal oor Charles Dickens se storie,” sê Bouguenon, wat die rol van Ebenezer Scrooge vertolk.

A Christmas Carol
Bouguenon

“Ek het as kind die oorspronklike storie gelees. Die klassieke taalgebruik is vir my pragtig. Dis vir my lekker om met so ’n stuk na die verhoog terug te keer.”

Voor vanjaar was hy in 2016 laas op die verhoog.

Bouguenon het vroeër vanjaar opgetree in die toneelstuk Brutal Legacy gegrond op die voormalige Morning Live-aanbieder Tracy Going se gelyknamige memoire, sowel as in die klug Aaptwak wat op die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela gedebuteer het.

“En nou is ek in A Christmas Carol wat so ryk is aan verbeelding. Ek leef myself in met die lees van die teks.”

In die storie word Ebenezer Scrooge, skatryk, maar arm van gees, deur die spook van sy voormalige sakevennoot besoek, sowel as die spoke van Kersfees.

“Dit gryp jou aan die hart,” sê Bouguenon.

A Christmas Carol
Amber Burnhams

“Dit is die transformasie van ’n karakter wat ’n mens boei. Verbeel jou jy kry die kans om deur ’n spook uit jou verlede besoek te word.”

Burnhams vertolk verskeie karakters.

Van Rensburg, vervaardiger by VR Theatrical, neem die regie oor by Elizma Badenhorst wat dit die vorige twee jaar behartig het.

“Die produksie is basies onveranderd,” sê Van Rensburg. “Hier en daar is ’n musiek-oomblik bygevoeg en daar is ’n bietjie nuwe animasie, maar die oorspronklike regie van Elizma gaan ek heropvoer.

“Ek dink mense geniet die storie omdat dit oor die feestyd gaan, en ek dink dis iets wat mense met ander mense wil deel.”

* Vertonings is Woensdae tot Vrydae om 19:30, Saterdae om 16:00 en 19:30 en Sondae om 15:00.

Kaartjies kos R117 tot R180. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Montecasino  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.