Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Adam Tas roer hartsnare met nostalgie
Adam Tas

Toe Adam Tas die eerste keer ’n onderhoud met ’n verslaggewer moes doen, was hy so bang dat hy vooraf ’n drankie moes drink.

Vandag is hy een van die besigste kunstenaars op die verhoog en sy albums verkoop soos soetkoek. Hy onthou sy eerste konsert by die KKNK goed.

“Ons het deurnag gery van Pretoria af. Ek moes my pa se kar leen, want ek was net klaar met skool en kon nog nie self een bekostig nie,” vertel hy.

“Daar aangekom was ek en my orkes in ’n klein teater buite die fees. Niemand het geweet wie Adam Tas is nie. Ek het self nie eintlik geweet nie.

“Ons eerste KKNK-vertoning was voor agt mense. Ná al die aftrekkings het ons R245 uitgehou. ’n Mens moet êrens begin nè?

“Ons het in die koshuis geslaap en het groot pêlle gemaak daar, mense wat tot en met vandag steeds na my shows kom.”

Hy het deur die jare kunstenaars by feeste sien kom en gaan.

“Ek glo niemand is in beheer van jou toekoms behalwe jy nie, maar dit is inderdaad so dat kunstefeeste al vir baie sukses kon bring.”

Hy het al bekend geword vir sy nostalgiese liedjies. Hy hou daarvan om die verlede in sy werk in te bring.

“Ek skryf baie van die dae wat ek as kind onthou. Dit was vir my ’n baie lekker tyd. Ek maak mense wat ek mis wat dood is onsterflik deur hul herinneringe in musiek te verewig,

“Ek is maar ’n ou wat maklik gevang word vir ’n storie uit die ou dae. Ek vind dit romanties. Dit was die dae van regte dames en here,” sê hy.

Soos vir enige kunstenaar is dit moeilik om sy gunstelingliedjie te kies.

“Watter kind van jou is die mooiste? Dis erg om te moet kies. As ek moet kies sal dit seker maar “Gaan sê vir die Angels” wees.

“Dis my begrafnislied, maar deesdae gebruik so baie mense die lied by begrafnisse dus sal ek sekerlik ’n vars een vir myself moet skryf en in die kluis bêre.”

Sy optredes by vanjaar se KKNK wissel van 10:00 tot 21:00.

’n Mens moet wonder of dit nie eienaardig voel om so vroeg in die oggend al konsert te moet hou nie. “Op ’n verhoog loop adrenalien oop kole en jy voel vir daai hele dag ná die optrede goed. Dit neem die res van die dag om weer af te kom en normaal te voel.”

) Adam Tas – Patatas en pyptabak is nog vandag en môre in die Windpomp-teater by die KKNK te sien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.