Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Adrian wil mense laat lag met ‘Dating Life’

"As jy nie ontwikkel nie, gaan jy dood … op die verhoog,” sê die komediant Alfred Adriaan aan die vooraand van sy debuut solo-vertoning as skerpskertser.

Alfred Adriaan

Adriaan, wat al onderwerpe soos potensiële dronk skoonouers en ongemaklike seksuele kaperjolle getakel het, staan op 27 Junie die eerste keer alleen op die verhoog in Dating Life, ’n vertoning wat op getroudes asook enkellopendes gerig is.

“Komedie gaan tog daaroor om grense te verskuif,” sê Adriaan.

Hy vind dit veral moeilik om ’n klomp vreemdelinge uit verskillende agtergronde sáám te laat lag.

“Komedie moet die gehoor na plekke neem waar hulle nog nie tevore was nie. Dit is egter belangrik dat die humor moet seëvier. Jy sal nie uitverkoopte konserte hê as jy net klop-klop-grappies vertel nie.”

Dating Life is tot 8 Julie in die Pieter Toerienteater by Montecasino in Fourways, Johannesburg, op die planke.

Hoewel dit sy solo-debuut is, het hy in vier jaar vyf Savanna Comics Choice-benoemings gekry asook uitnodigings om in New York en in Sydney op te tree.

Alfred Adriaan is vandeesmaand te sien in Dating Life.

Hy het al dikwels by Paker’s Comedy and Jive by Montecasino opgetree en in ander komedie-lokale.

Hy verwys ook na Hankey in die Oos-Kaap, waar hy grootgeword het.

“Dit was ’n groot deel van my vormingsjare en dit het ’n groot invloed op hoe ek komedie aanpak. In vele opsigte is my stand-up ’n seun van ’n klein dorpie se perspektief op die wêreld waarin hy tans leef. Daar is altyd uitdagings met komedie. Jy moet op datum bly met alles rondom jou. Jy leer voortdurend en jy skep aanhoudend nuwe materiaal.”

Kaartjies kos R130 tot R180. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Montecasino  |  Komedie  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.