Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
'African Footprint' hou Saterdag reünie

Richard Loring se musiekspel African Footprint is die jongste aflewering in die virtuele reeks Together Again wat geld vir die Teaterbystandsfonds (TBF) insamel.

David Bloch is Saterdag om 19:00 die gasheer wanneer dié produksie wat Afrika se veelsydigheid met Afrika- en Eurosentriese klanke vier, se 20ste herdenking in ’n regstreekse reünie op YouTube gevier word.

African Footprint
Richard Loring

Loring, Debra Batzofin, David Matamela en Debbie Rakusin, asook Kevin Bishop en John Craig van Engeland neem deel aan die gesprek.

Lede van die rolverdeling sluit in Alfed Phakathi, Thabo Komape, Tanya Futter, Ricky Stoute en Christopher Jaftha.

Die toneelgeselskap &CO bied die konserte op die stromingsdiens &SCENE aan.

Elke aflewering in die reeks fokus op ’n musiekspel en lede van die produksiespan en rolverdeling deel hul herinneringe daaraan. Dit bestaan ook uit liedjies wat in die musiekspele voorkom.

Dit beeld uit die hartstog, energie en drome van Suid-Afrika se inwoners van die vroeë tye tot vandag.

Dit is deur Australië se Tap Dogs geïnspireer, maar Loring het ook inspirasie uit die Soweto van die 1970’s en 1980’s geput. Die produksie sluit in ander style soos die kwêla-jive en hip-hop.

In die buiteland word dit beskou as Suid-Afrika se “Riverdance”.

Oudpres. Thabo Mbeki was een van die gaste met die openingsvertoning in Mei 2000.

Die gesprek kan Saterdag om 19:00 hier gevolg word.

Dit kos nie ’n spesifieke prys nie, maar mens kan ’n donasie aan die TBF maak.

Die TBF is in 1964 gestig om behoeftige en bejaarde mense in alle beroepe in die kunste by te staan wat nie meer kan werk nie.

* Besoek andscene.live vir meer inligting of as jy ’n skenking aan die TBF wil maak.

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.