Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
AIG-konsert ten bate van Cawood weer uitgestel

Tot tyd en wyl Afrikaans is Groot (AIG) nie die konsert kan hou om die aktrise Elize Cawood in haar kankerstryd by te staan nie, kan hulle nie die geld aan haar oorhandig wat die konsert sou inbring nie.

Kanker is verlede jaar by Cawood gediagnoseer en in Februarie het Barry Pretorius, vervaardiger en regisseur van AIG, verskeie kunstenaars gevra of hulle sou belangstel om in die konsert op te tree.

Elize Cawood was onlangs in die kykNET-sepie Binnelanders te sien.

Dit word gereël om haar met haar mediese kostes by te staan.

“Die geld kan eers oorhandig word wanneer die konsert gehou word, want intussen is daardie geld by die loket waar daarvoor bespreek word.”

Dit sou in die Rockwood-teater in Pretoria aangebied word.

“Daar is egter geen planne om die konsert te kanselleer nie. Dit gaan beslis voort. Ons wag net om van die regering te hoor wanneer ons weer groot byeenkomste mag aanbied.”

Elize Cawood en Wilson Dunster in die toneelstuk Narkose.

Dit is die tweede keer wat die konsert weens die staat van inperking uitgestel word.

Dit sou aanvanklik op 29 April gehou word waarna dit tot 3 Junie uitgestel is.

Die organiseerders moes nou die konsert onbepaald uitstel.

“Ons kan net nie ’n nuwe datum vasmaak nie, maar dit gaan voort.”

Cawood en haar man, die akteur Wilson Dunster, het verlede jaar op AIG opgetree. Sy het egter swak geword en kon net in twee van die nege konserte optree.

Dit was die laaste keer wat sy op die verhoog was.

Sy het intussen saam met Dunster in ’n e-konsert ten bate van die Pierneefteater in Pretoria ’n kort uittreksels uit hul stuk Narkose opgevoer waarin net hul stemme gehoor is.

’n Vorige opname van Cawood en Dunster se produksie van die toneelstuk Dinner for One/Dinner for One Too is onlangs deur die Pierneefteater uitgereik.

Sy was vroeër vanjaar in die kykNET-sepie Binnelanders te sien.

Kunstenaars soos Bobby van Jaarsveld, Refentse, Dewald Wasserfall, Demi Lee Moore, Corlea en Monique sal in die konsert optree Die akteurs Lieb Bester en Christel van den Bergh sal ook optree. Cawood het vantevore saam met Van Jaarsveld en Bester onderskeidelik in die rolprent Liefling! en die destydse kykNET-sepie Villa Rosa gewerk.

Intussen gaan dit beter met Cawood se gesondheid.

Meer oor:  Afrikaans Is Groot  |  Elize Cawood  |  Barry Pretorius  |  Pretoria  |  Kanker  |  Musiek  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.