Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Alexander Bar-teater weer goed op dreef
Die Alexander Bar-teater in die Kaapse middestad.

Goeie nuus vir Kaapstad se gehore is dat die Alexander Bar-teater weer volstoom aan die gang is nadat dit ses weke lank gesluit was.

“Dit was rof om vir so lank gesluit te wees, want die teatergehore speel ’n belangrike rol in die restaurant en kroeg se getalle,” sê Jon Keevy, bestuurder van die Alexander Bar-teater.

’n Gedeelte van die vloer van die teater moes vervang word nadat ingenieurs bevind het dat die teatervloer struktureel beskadig is.

Die restaurant en die kroeg op die grondvloer het wel oopgebly, waar musikante klante vermaak het.

Die Alexander Bar-teater het oor die jare ’n reputasie opgebou as ’n tuiste vir jong en opkomende kunstenaars.

Keevy sê hulle staan reg om gehore vandeesmaand en in Oktober met opwindende produksies terug te verwelkom.

Eerste aan die beurt is Medusa Incarnate, deur Dara Beth met Kate Pinchuck in die hoofrol, wat nog tot Vrydag te sien is.

Kathleen Stephens se Marsha: The Beginning of the End met Jazzara Jaslyn en Kiroshan Naidoo is van 14 tot 20 September op die planke en ’n nuwe drama uit die pen van Obed Plaatjies, Vrou van orde, word van 24 tot 29 September aangebied.

Die konings, ’n kabaret deur Louis Roux, is te siene van 22 tot 27 Oktober. Die rolverdeling bestaan uit Elisha Zeeman, Anoecha Kruger en Marelize Viljoen, met Andrico Goosen as die regisseur en musiek deur Talita Beyl.

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.