Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Anna-Mart pak uitdagings met vreugde

Anna-Mart van der Merwe is besig met iets akuut, rou, nuut, energiek en selfs gevaarlik.

Dis woorde waarmee sy die produksie Swerfgoed beskryf.

Anna-Mart van der MerweFoto: Jaco Marais

“Maar soms moet ’n mens jouself losskud en toelaat dat dinge met jou gebeur. Eintlik voel ek heel tuis met die uitdaging,” sê sy.

Sy is behoorlik geskud, want saam met Swerfgoed is sy ook in die rolverdeling van Fotostaatmasjien, die eksperimentele multimediaproduksie gegrond op Bibi Slippers se gelyknamige digbundel.

Sy beskryf Fotostaastmasjien as fisiek, besig, visueel en pragtig.

Swerfgoed op sy beurt is weer ’n skalkse blik op ’n wêreld waar water meer werd is as goed en die mense wat die skat besit, bewaak dit met alles tot hul beskikking.

Die dramaturg is Bauke Snyman en Tinarie Van Wyk Loots maak haar debuut as regisseur.

Anna-Mart van der Merwe in Swerfgoed.Foto: Hans van der Veen

Die stukke was albei vanjaar op die KKNK en is eersdaags ook albei op die Aardklop-fees se program.

“Ek vind gehore se reaksie op Swerfgoed uiteenlopend. Jonger gehoorlede is oop vir die totale aanslag. Ander stap by die teater uit, kyk na mekaar en wonder waarskynlik: Wat het hier gebeur?

“Ek sê altyd vir mense dis nie nodig om alles te verstaan wat gebeur nie. Ek wil weet wat het hulle gevoel. Het dit iets in jou wakker gemaak en jou laat wonder? Was dit vir jou ’n belewenis?”

Toe sy Swerfgoed se teks die eerste keer gelees het, het sy geweet sy sal moet fiks word vir die rol.

“Nie net my lyf nie, hoewel ek elke oggend ná ’n opvoering styf is,” sê sy met ’n laggie, “maar ook fiks om vinnig van die een rol na die ander oor te skakel, om by te wees en nie konsentrasie te verloor nie.

Anna-Mart van der Merwe in Fotostaatmasjien.Foto: Jaco Marais

“Die werk wat die jong regisseurs en skrywers nou doen, laat my baie dink aan die heerlike werk wat ons die 80’s in die Windybrow-teater in Johannesburg gedoen het.

In haar loopbaan het sy die borstrokke en boesels gedra, klassieke rolle vertolk. Dit was in ’n mate makliker omdat sy as aktrise baie inligting gehad het om mee te werk. Met ’n nuwe teks en nuwe manier van speel, is daar baie uitdagings.

“Ek is baie bevoorreg om deel daarvan te kan wees.

*Swerfgoed is tot 22 September in die Baxter-ateljee te sien.

Aardklop word van 2 tot 7 Oktober in Potchefstroom gehou. Besoek https://aardklop.co.za vir meer inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.