Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Annabel Linder verheug oor Naledi-prys

Toe die aktrise Annabel Linder hoor sy gaan dalk ’n Naledi-eerbewys vir lewenslange bydrae ontvang, het sy gedink Dawn Lindberg, uitvoerende direkteur van dié teaterpryse, “maak sommer net geselsies”.

Annabel Linder Foto: Ruphin Coudyzer

Tog het Linder (81), wat byna 60 jaar in die bedryf werk, Sondagaand op die Naledi-teatertoekenningsaand die eerbewys ontvang.

Die 16de Naledi-teaterpryse is regstreeks gestroom.

“Die aand wat Dawn met my gepraat het, was by ’n konsert vir die Teaterbystandsfonds en dit was voordat die inperking begin het. Ek het nooit weer daaraan gedink nie.

“Maar ek is dankbaar dat ek hierdie prys kon ontvang. En dat ’n mens dit kan ervaar. Wat ’n eer, en dit in ’n baie moeilike jaar vir die teater.”

Linder werk sedert 1961 professioneel in die bedryf.

“Ek het wel met amateurteater – op sowel die verhoog as radio – begin toe ek in Durban op skool was. Teater is my lewe.”

Sam Sklair en Annabel Linder. Foto: Ruphin Coudyzer

Die veteraan-aktrise Joan Brickhill het op skool vir haar klas gegee.

“Ek het besluit om in my bedankingstoespraak op vriendskap te fokus. Ek het baie vriende in die bedryf en ek is dankbaar dat ek hierdie vriendskappe kon smee.”

Sy het onder meer opgetree in toneelstukke soos Driving Miss Daisy en haar eenvroustuk, Rose.

Sy het die rol van Velma in Suid-Afrika se eerste produksie van die musiekspel Chicago vertolk, waarvoor sy ’n Dalro-teaterprys gewen het.

“Met dié rol het my dansopleiding handig te pas gekom. Glo my, as jy gelyktydig kan sing, dans en toneelspeel, kan jy die wa deur die drif trek in hierdie bedryf. Danksy my musiekwerk en 30 jaar as die enigste vroulike skerpskertser in die land, kon ek my kinders grootmaak en kon hulle onderrig ontvang.”

Annabel Linder, Joan Brickhill en Sam Sklair

Sy is reeds die afgelope 26 jaar met haar vierde man, die komponis Sam Sklair, getroud.

Linder het aan die dramareeks Bedford Wives gewerk voordat die inperking begin het.

“Ek stel baie belang in televisie. So ek sal graag meer daarvan wil doen.”

Sy het in reekse soos Barney Barnato en die sepie 7de Laan verskyn.

“My eenvroustuk, Rose, lê my baie na aan die hart, maar ek sal dit nie weer aandurf nie. Die produksie is twee uur lank. Maar vir die verhoog deins ek nie terug nie.”

Meer oor:  Naledi-Teaterpryse  |  Annabel Linder  |  Teater  |  Aktrise  |  Eerbewys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.