Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Aspoestertjie uiteindelik na die bal

Aspoestertjie gaan vanjaar uiteindelik na die bal.

Nadat Janice Honeyman se pantomime Cinderella verlede jaar weens die Covid-19-pandemie afgelas is, word dit van 5 November tot 24 Desember in die Mandelateater in die Joburgteaterkompleks in Braamfontein, Johannesburg, aangebied.

Die pantomime ‘Cinderella’ word in November en Desember in die Mandelateater in Braamfontein aangebied.

“Almal is vasberade om vanjaar ’n pantomime aan te bied,” sê Bernard Jay, uitvoerende vervaardiger. “Sowat 40 kontrakte is geteken.”

Bernard Jay

Daar was verlede jaar vir die eerste keer in meer as 30 jaar nie een op die planke in Johannesburg nie.

“Dit was ’n baie vreemde gevoel om nie in November en Desember elke dag na die teater te gaan nie. Maar dit was bemoedigend hoe al die akteurs reeds verlede jaar gesê het hulle is beskikbaar om vanjaar in die produksie op te tree.”

Hoewel Honeyman altyd na aktuele sake in haar pantomimes verwys, gaan sy nie Covid-19 op die naam noem nie.

“Ek sal sekerlik ander verwysings soos isolasie of kwarantyn gebruik; iets soos Aspoestertjie wat sê almal is by die bal en sy is in isolasie. Maar ek wil dit nie ’n miserabele storie maak nie. Ek dink gehore wil juis nie daaraan herinner word nie.”

Sy is baie opgewonde, want vanjaar word nuwe tegnologie en visuele effekte gebruik.

Die televisieregisseur Andrew Timm, voorheen kreatiewe regisseur van die reeks X Factor South Africa, is die eerste keer die produksie-ontwerper.

Timm sal hom in vanjaar se pantomime veral op visuele effekte soos projeksies en 3D-grafika op LED-skerms toespits.

Buiten een aktrise is die rolverdeling onveranderd.

Connie Chiume sou die Goeie Fee vertolk het, maar sy werk aan ’n fliek.

“Dit sou haar eerste pantomime wees,” sê Jay. “Maar Dolly Louw, wat seker al in 20 van Janice se pantomimes opgetree het, het dié rol oorgeneem. En as iemand ’n hoofrol in ’n pantomime deur Janice Honeyman verdien, is dit sy.”

Janice Honeyman

Die anders spelers sluit in Desmond Dube en Ben Voss as die lelike stiefsusters, Bongi Mthombeni as Buttons, Kiruna-Lind Devar as Aspoestertjie, Kyle Grant as Prince Charming en Graham Hopkins as Baron Horace Hard-Up.

“Daar is baie redes om positief te wees,” sê Jay, wat vanjaar sy 20ste pantomime vervaardig.

“Mense wil in die huidige moeilike tyd vermaak word. Daar is groot entoesiasme in ander lande om produksies op die verhoog te sien. En natuurlik word dit met die nodige maatreëls aangebied. Repetisies begin op 4 Oktober.”

Nicol Sheraton is die choreograaf, Dale-Ray Scheepers die musiekverwerker en -regisseur, en Akhona Bozo die kostuumkoördineerder en klankontwerper.

• Kaartjies vir voorskou-vertonings kos R240. Daarna kos dit R290 tot R410. Bespreek by joburgtheatre.com of Webtickets.

Meer oor:  Janice Honeyman  |  Joburgteater  |  Johannesburg  |  Teater  |  Cinderella
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.