Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Aunty Merle’ kom 3de keer terug na Baxter

Gehore kan net nie genoeg van Aunty Merle kry nie. Ná twee uitverkoopte speelvakke is Marc Lottering se Aunty Merle: The Musical eersdaags weer terug in die Baxter-teater in Rondebosch.

Volgende jaar kry mense in Johannesburg ook die kans om haar te leer ken. Die produksie open op 1 Februarie in die Joburg Theatre.

Marc Lottering as die immergewilde Aunty Merle.

Die musiekspel speel in Athlone se bekende Belgravia-straat af waar Aunty Merle se dogter, Abigail (Tracy-Lee Olivier), haar verlowing aan haar Bantry Bay-kêrel (Paul du Toit) aankondig. Loukmaan Adams vertolk die rol van Abigail se korrupte gewese kêrel, Denver Paulse, wat wil moeilikheid maak.

Aunty Merle: The Musical is vanjaar vir vier Fleur du Cap-pryse benoem.

Die speelvak in die Baxter begin op 3 Desember met 14 akteurs en ’n orkes op die verhoog. Daar is 11 oorspronklike liedjies van die Afrikaanse sanger Tarryn Lamb en Lottering in die stuk.

Lara Foot doen die regie en Alistair Izobell is die musikale regisseur. Die Kaapse danser Grant van Ster is die choreograaf.

Lottering vertolk die rol van Aunty Merle en die res van die rolverdeling is Royston Stoffels, Tankiso Mamabolo, Gina Shmukler, Adrian Galley, Carmen Maarman, Zandile Madliwa, Sizwesandile Mnisi, Anzio September, Crystal Finck en Austin Rose.

* Opvoerings is Maandag tot Vrydag om 19:30 en Saterdag om 14:00 en 19:30. Kaartjies kos tussen R100 en R195. Besprekings by webtickets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.