Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Aunty Merle se karakters kry gesigte en sing en dans

Vir Pennywise van It-faam is Marc Lottering nie bang nie. Maar sy broek bewe vir Aunty Merle.

“Jy weet wat Pennywise is. Maar Aunty Merle . . . sy glimlag en kyk reg deur jou. Jy weet nooit waartoe sy in staat is nie,” sê hy.

Marc Lottering as Auntie Merle.

Hy praat natuurlik van die karakter wat hy deur die jare al in sy solovertonings laat leef het. Dié vakansieseisoen is sy terug op die verhoog, maar anders as voorheen kry van sy ander bekende karakters ook lewe in Aunty Merle, The Musical.

“Ek het in die Pinksterkerk grootgeword en het altyd gesing. Dis in my bloed. En ek het altyd geweet ek gaan nog ’n musiekspel maak. Hier is dit nou – die tyd is reg daarvoor.”

So hier kom ’n komiese musiekspel met groot drama. Merle Abrahams van Athlone (Lottering) se dogter Abigail (Tarryn Lamb) gaan trou. Met Alan White (Stephen Jubber) – wit in meer as een opsig.

Merle noem hom ’n “good-looking white chap”. Soos in alle musiekspele en sprokies is daar ’n nare karakter: Denver Paulse (Loukmaan Adams), die gewese kêrel wat dreig om ’n nare geheim uit te lap wat die verliefdes se verhouding gaan verongeluk.

Die ander bekende karakters sluit in Soraya Samsodien (Carmen Maarman), Dennis (Royston Stoffels), Lydia Majola (Tankiso Mamabolo) van Khayelitsha en Merle se seun, Carl (Roberto Kyle). Dan is daar nog haar vurige dogter Nambitha (Zandile Madliwa), pas terug van Oxford, wat ’n politieke appeltjie met Abigail te skil het.

Alan se ouers, Claire en David White, word vertolk deur Kate Normington en Adrian Galley en Abigail se beste vriende deur Anray Amansure (Liezel) en Daniel Richards (Jakes).

Lottering is ook Saterdag eenmalig as die bose Pennywise van die rolprent It te sien.Foto: Joffrey Hyman

Lottering het die teks geskryf en is die medeliedjieskrywer saam met Lamb. Alistair Izobell is die musiekregisseur. Grant van Ster is die choreograaf. Lara Foot behartig die regie.

Dit was vir Lottering heerlik om gesigte te kry wat by sy bekende karakters pas.

“Eers was hulle net prentjies in my kop, maar nou lewe hulle.”

Wat Pennywise aanbetref, verduidelik hy dat dit net ’n eenmalige prettigheid is. Hy is gevra of hy bereid sou wees om soos die karakter uit die riller It gesien te word by Saterdag se MCQP Halloween-geselligheid.

“Dis altyd ’n groot jol en ek sien uit daarna,” sê Lottering, wat al ’n oefenlopie met die grimering gehad het. “Boonop het ek gratis kaartjies gekry en ek sal ook ’n paar gratis drankies kry. Wat meer kan ek vra?”

Die geleentheid word Saterdag gehou by Napierstraat 30. Kaartjies kan gekoop word by www.quicket.co.za.

* Aunty Merle, The Musical se speelvak is van 30 November tot 13 Januarie volgende jaar. Daar is ’n ouderdomsperk van 14 en geen vertonings op Sondae nie. Daar is wel ’n spesiale Nuwejaarskonsert op Sondag 31 Desember. Bespreek by Computicket,

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.