Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Balletdansers betower in ‘The Queen Show’ in Jhb

Die musiek van die Britse rockgroep Queen word gevier in die Suid-Afrikaanse Internasionale Balletkompetisie (SAIBC) se produksie The Queen Show wat in Januarie in Johannesburg op die planke is.

Dit word van 8 tot 19 Januarie deur die dansers van Mzansi Ballet in die Pieter Toerien-teater by Montecasino in Fourways opgevoer.

SAIBC
Dirk Badenhorst onlangs in Rusland.

“Dit is die musiek (van Queen) soos ons dit ken,” sê Dirk Badenhorst, hoofdirekteur van SAIBC en hoof van Mzansi Ballet.

“Daar is wel ’n paar van hul liedjies in die produksie wat ek nog nie voorheen gehoor het nie, soos ‘Melancholy Blues’. Dit lok aanhangers van ballet sowel as van Queen.”

Die balletdansers en egpaar Angela en Michael Revie het die choreografie behartig. Michael tree ook in die produksie op.

“Die samestelling van die program bevat ’n sensitiwiteit waarvan ek baie hou,” sê Badenhorst.

“Dit neem jou op ’n behoorlike reis. Daar is nie ’n storie nie, maar dis die viering van die musiek van Queen. Die styl en kostuums bring alles mooi bymekaar.”

ballet
Angela en Michael Revie

Die nuwe kostuums is skeppings deur die modeontwerper David Hutt.

“Die dansers is pragtig. Dis ’n wonderlike, wonderlike groep. ’n Mens kan nie glo wat hulle alles saam doen nie, ek is baie opgewonde.”

Die produksie word deur die Nasionale Lotery gefinansier.

“Ons is baie dankbaar daarvoor. Hulle finansier ook die SAIBC se kompetisie in Julie en het ons sowat twee jaar gelede ook gefinansier.”

Die ander dansers is Craig Arnolds, wat onlangs in die musiekspel Chicago opgetree het, Alison Sischy Smith, Tesbang Sipambo, Aviwe November en Sikumbuzo Hlahleni. Die ballerinas is Paige McElligott, Chandre Wiid, Lize Mentz en Nehanda Peguillan.

“Dis ’n wonderlike teater, sê Badenhorst oor die Pieter Toerien-teater. “Jy verdwyn nie op die verhoog nie.”

Hy sê ook Januarie is eintlik ’n goeie tyd om dit op te voer.

“Dis ’n lekker tyd van die jaar. Mense is weer tuis en hulle wil graag iets doen.”

* Vertonings is van 8 tot 19 Januarie; Woensdae tot Vrydae om 20:00, Saterdae om 15:00 en 20:00 en Sondae om 15:00. Kaartjies kos R90 tot R250. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Montecasino  |  Teater  |  Ballet  |  Queen
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.