Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Bekroonde Britse stuk kom vir Theatre on the Bay

Die eerste produksie in Pieter Toerien se gerestoureerde Theatre on the Bay in Kampsbaai, Kaapstad, is die hoog aangeskrewe en veelbekroonde Britse toneelstuk The Curious Incident Of The Dog In The Night-Time wat op 22 September open.

Die verhoogweergawe is gegrond op die roman deur Mark Haddon. Simon Stephens het dit verwerk. Dit het in Broadway die Tony vir beste nuwe teks gewen (2015). Dis twee jaar lank daar opgevoer. Die produksie in die West End in Londen het sewe Olivier-pryse gewen, insluitend beste nuwe teks.

Die rolverdeling van The Curious Incident Of The Dog In The Night-Time: Agter: Brandon Moulder (verhoogbestuurder), Clayton Evertson, Kai Brummer, Ashley Dowds, Liz Szymczak, Nicholas Ellenbogen en Paul Warwick- Griffin (regisseur). Middel: Lesoko Seabe en Dylan Edy. Voor: Kate Normington, Jenny Stead en Genna Galloway. Foto: Dean Roberts.

Haddon se “speurverhaal” vir kinders én volwassenes is in 2003 gepubliseer. Dit het meer as 17 literêre pryse gewen (insluitend Japan, Holland en Italië) en is in 44 tale vertaal.

Die verhaal speel in April 1998 tussen Londen en Swindon af. Gebeure draai om die geheimsinnige dood van

die jong Christopher John Francis Boone se buurman se hond Wellington.

Dit word uit die jong Boone se perspektief vertel en hy ondersoek die saak op sy manier. Hy beskryf homself as ’n wiskundige met sekere gedragsprobleme, maar sy sindroom word nie by die naam genoem nie.

Haddon self het in ’n artikel gesê dit is nie ’n verhaal oor Asperger-sindroom of enige ander spesifieke sindroom nie. Hy noem dit ’n verhaal van iemand wat anders is, wat as buitestaander die wêreld op ’n baie spesifieke manier sien.

Kai Brummer sal in die rol van Boone te sien wees. Ander akteurs in die stuk is Jenny Stead, Lesoko Seabe, Ashley Dowds, Kate Normington, Dylan Edy, Clayton Evertson, Genna Galloway, Nicholas Ellenbogen en Liz Szymczak. Die regisseur is Paul Warwick-Griffin.

Die speelvak in Kaapstad is van 22 September tot 3 November. Daarna word dit van 7 November tot 2 Desember in die Montecasino-teater in Johannesburg opgevoer.

Kyk hier na die Britse produksie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.