Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Bekroonde drama oor water by Baxter
Andrew Laubscher en Anna-Mart van der Merwe in Swerfgoed. Foto: Hans van der Veen

Ná die suksesvolle debuut van Bauke Snyman se drama Swerfgoed by die Klein Karoo Nasionale Kunstefees (KKNK) vanjaar, kom dit September na die Golden Arrow-teater by die Baxter in Kaapstad.

Swerfgoed, een van 15 tekste wat verlede jaar by Kunste Onbeperk se Teksmark in die Baxterteater as leesteater aangebied is, bied ’n distopiese blik op erfenis en opoffering van Griekse omvang. Iewers in die nabye toekoms is water die duurste en kosbaarste hulpbron – en mense sal selfs moord pleeg om dit in die hande te kry.

Die bekroonde aktrise Tinarie van Wyk Loots het met Swerfgoed haar regiedebuut gemaak en ’n gedugte rolverdeling ingespan (waarvan sommige verskeie rolle vertolk), met Anna-Mart van der Merwe, Nicole Holm, Richard September en Andrew Laubscher. Jemma Kahn was die ontwerper.

Die produksie het by die KKNK ’n Kanna vir beste debuutteks gewen, terwyl Holm en September ook pryse gewen het vir onderskeidelik beste ondersteunende aktrise en beste ondersteunende akteur.

Hoewel Snyman die teks reeds in 2009 geskryf het, is dit nou eers opgeraap om dit as ’n volwaardige produksie aan te bied. Sy ander werke sluit in Die bannelinge, Die onsigbare kind en Pop. Hy woon sedert 2014 saam met sy gesin in Perth, Australië, waar hy klasgee, regie doen en die departementshoof van teaterkuns by die Presbyterian Ladies’ College is.

Swerfgoed se speelvak val saam met Kunste Onbeperk se derde Teksmark, wat op 3 en 4 September by die Baxterteater aangebied word. Die projek is ’n inisiatief van Kunste Onbeperk wat ondersteun word deur die Nasionale Afrikaanse Teater-inisiatief (NATi) en die Baxter-teatersentrum. Dit is vroeër vanjaar met ’n spesiale Fleur du Cap-prys bekroon vir vernuwing in teater.

* Swerfgoed word van 5 tot 22 September om 19:30 aangebied. Daar is op 15 en 22 September om 15:00 ’n bykomende middagvertoning.

Die kaartjiepryse wissel van R80 tot R130. ’n Spesiale aanbod van R100 per kaartjie is geldig vir besprekings voor 5 September.

Bespreek deur Webtickets of by uitgesoekte Pick n Pay-winkels. Die ouderdomsperk is 14.

Vir afslag op groepbesprekings, kontak Sharon Ward by 021 680 3962 of sharon.ward@uct.ac.za, of kontak Carmen Kearn by 021 680 3993 of carmen.kearns@uct.ac.za.

Meer oor:  Anna-Mart Van Der Merwe  |  Bauke Snyman  |  Swerfgoed  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.