Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Ben Voss is ‘bose koningin’

Hy het nog nooit eers ’n pantomime gesien nie, verklap die akteur Ben Voss baie eerlik noudat hy vir die eerste keer dié genre in ’n rok en op hoëhakskoene aandurf.

Ben Voss in Snow White.
Snow White
Ben Voss

Hy vertolk die rol van die bose koningin in Janice Honeyman se 31ste pantomime wat tot 23 Desember in The Mandela in die Joburgteater in Braamfontein, Johannesburg, opgevoer word.

As komediant is die vertolking van ’n vrou nie vir hom nuut nie.

“Dit was juis met ’n produksie met my karakter Beauty Ramapelepele, ’n ouer swart vrou wat my alter-ego geword het, wat Janice my regisseur was,” sê Voss.

Ben Voss as Beauty Ramapelepele.

“Dit was in 2008 en nou het sy my genader, en ek reken dit is as gevolg van hierdie karakter. Ek was instinktief dadelik gretig. Ek woon in Durban en ek geniet dit om Johannesburgse blootstelling te kry.”

Voss het al baie komedie en sketse gedoen saam met die skrywer John van de Ruit, bekend as die skrywer van die Spud-boeke.

Hul samewerking sluit in Mamba Republic wat hulle in 2017 in Sandton, Johannesburg, opgevoer het, en steeds mee toer.

Van de Ruit skryf ook aan ’n nuwe eenmanstuk wat Voss beplan om in 2019 op te voer.

Voss geniet die uitdaging van ’n pantomime baie.

“Die grootste verskil is dat die koningin boos is. My karakter is verantwoordelik vir die momentum van die storie en dis vir my baie lekker. Ek het baie lanklaas ’n storielyn-gedrewe produksie opgevoer.”

Wanneer hy klaarmaak met die koningin se streke, sal sy fokus op die werk saam met Van de Ruit in 2019 wees.

“John is ’n ongelooflike vriend en ’n wonderlike skrywer. Ons albei woon in Durban en ons speel gholf en sit koppe bymekaar. Ons het nog altyd saamgewerk en sal seker ook altyd.”

* Ander spelers van Snow White sluit in Desmond Dube en John Robbie. Kaartjies kos R115 tot R375. Bespreek by Webtickets.

Meer oor:  Braamfontein  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.