Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Broadway laat die geldrekords spat
Andrew Lloyd Webber
Cate Blanchett

Broadway-verhoë het die laaste week van verlede jaar die rekords laat spat toe 33 produksies saam $49,7 (sowat R700 miljoen) ingebring het.

Die musiekspele Hamilton, Wicked en The Lion King was die grootste verdieners met elk meer as $3 miljoen (sowat R42 miljoen). Vier produksies het elk meer as $2 miljoen (sowat R28 miljoen) by die loket verdien en 17 elk meer as $1 miljoen (sowat R14 miljoen).

Kersdag tot Nuwejaarsdag is tradisioneel Broadway se beste week wat inkomste betref. Verlede jaar het 38 produksies altesame $43 miljoen (sowat R602 miljoen) verdien. Die bywoningsyfer het ook gestyg – van 357 718 verlede jaar tot 359 495 vanjaar.

Die duurste kaartjieprys van $998 (sowat R14 000) het bygedra tot Hamilton se rekord-inkomste, terwyl The Lion King, in die derde plek ná Wicked, verlede week ’n rekord-inkomste vir die Minskoff-teater besorg het.

Disney het ook met Aladdin ’n rekord-verdienste vir die New Amsterdam-teater ingebring. Albei produksies het nege vertonings gehad, wat die maksimum per week vir musiekspele is.

Andrew Lloyd Webber se musiekspele School of Rock ($2 022 136), Phantom of the Opera ($1 942 351) en Cats ($1 723 569) het ook verlede week rekord-kaartjieverkope beleef.

Toneelstukke wat tot die hoë inkomste bygedra het, is TheFront Page ($1 291 255) met Nathan Lane, The Present ($969 495) met Cate Blanchett, Oh, Hello on Broadway ($911 602) en die Tony-wenner The Humans ($814 555).

– Reuters

Meer oor:  Broadway
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.