Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Buurt ’n ‘onuitputlike bron van stories’
Kramer bring hulde met 4de musiekspel
David Kramer huldig Distrik Ses in sy nuwe musiekspel, District Six Kanala. Foto: Verskaf

Kaapstad. – Vyf dekades ná die ontruiming van Distrik Ses word dié woongebied in ’n musiekproduksie gehuldig.

Dis met David Kramer se District Six Kanala op 11 Februarie volgende jaar, presies 50 jaar nadat dié buurt op 11 Februarie 1966 as blanke gebied verklaar en meer as 60 000 mense in die proses hervestig is.

Die musiekspel open in die Fugard-teater, wat in die hart van die woongebied van destyds geleë is.

Die tema van volgende jaar se Suidoosterfees is ook “Distrik Ses”, maar Kramer het meer as ’n jaar gelede al aan hierdie produksie begin werk. Aangesien hy dit graag op die presiese dag (11 Februarie) wou laat open, kon dit nie deel van die fees wees nie.

“Daar is soveel interessante stories en karakters, so baie om te vertel van Distrik Ses in verskillende tydperke. Die bron is onuitputlik,” sê Kramer.

Met hierdie produksie bring hy hulde deur musiek.

“Daar word veral gekonsentreer op die jare sestig en musiek uit dié tydperk. Daar sal tradisionele liedjies wees, party uit die Kramer-Petersen-samewerking, en ’n paar nuwes wat ek spesiaal gaan skryf,” voeg hy by.

Kramer het in samewerking met wyle Taliep Petersen verskeie musiekspele oor Distrik Ses geskep – District Six, Fairyland en Kat and the Kings. Die nuwe stuk sal die lewendige musiekkultuur in die strate, klubs en teaters van die dag vier.

Kramer het in ’n mediaverklaring gesê dis sy manier om die herinneringe aan die gebied en talentvolle kunstenaars wat hy oor die jare ontmoet het, te huldig. Onder hulle tel Petersen, Salie Daniels, Cyril Valentine, Billy Jaftha, Dougie Schrikker, Al Hendricks, Zayn Adam, Richard Rive en Vincent Kolbe.

In die rolverdeling is Loukmaan Adams (District Six: The Musical, Kat and the Kings),

Bianca le Grange (

West Side Story, Blood Brothers), Carlo Da­niels (Orpheus in Africa, Blood Brothers), Edith Plaatjies (Orpheus in Africa), Sne Dladla (Orpheus in Africa), Andrea Frankson (Blood Brothers), Natasha Hess (Orpheus in Africa, West Side Story) en Cleo Raatus (What We Wish For).

Daar sal ook ’n orkes wees onder leiding van Donveno Prins en Alistair Izobell behartig die musiekregie.

Voorskoue word van 2 Februarie af gehou en die amptelike opening is op 11 Februarie. Kaartjies vir die voorskoue kos R130 en moet by die kaartjieskantoor bespreek word by 021 461 4554. Vir die res van die speelvak kan kaartjies by die loket of by Computicket bespreek word.

Meer oor:  David Kramer
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.