Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Can Themba’ se tikmasjien toer na vandag

The House of Truth

Barney Simon, Markteater

Sello Maake Ka Ncube as Can Themba in The House of Truth.

Die kletter van Can Themba se tikmasjien klink reeds belowend in die openingstoneel.

Dit verbreek die stilte wanneer Sello Maake Ka Ncube die skrywer en Drum-joernalis word.

Hy uiter dan ’n paar sinne wat kortliks Themba se lewensverloop skets.

As alles maar net hoorbaar en duidelik was.

Soms verlaat sy woorde hom hier en daar, wat sy spel belemmer.

En tog.

Die energie verbeeld juis die plaaslike atmosfeer.

Op die koop toe bied die musiek en die stel ’n goeie indruk van die stemming in Sophiatown in die 1950’s.

Hier verloop die geskiedenis in die teenwoordige tyd; dis alles politiek en sosiale stand.

Die storie speel af aan die vooraand van Sophiatown se sloping om plek te maak vir die wit buurt Triomf. Themba sit in sy studeerkamer, ’n kamer wat hy “The House of Truth” genoem het.

Dis nie ’n biografiese lewensverloop van geboorte tot sterfte nie, maar fokus eerder op sekere groot gebeure in sy lewe.

Heerlike inspirasie-oomblikke pak Themba beet wanneer hy voor sy lessenaar gaan sit en aan die kortverhaal “The Suit” begin skryf.

Hy sê die woorde terwyl hy die eerste sinne van die verhaal tik.

Die verdienstelike teks deur Siphiwo Mahala toon heelwat uitdagings waarvoor Themba, wat op 43 jaar gesterf het, te staan gekom het.

Daar was ’n stadium van triomf as skrywer en joernalis.

Benewens sy talent as skrywer het hy ’n drankprobleem gehad en het hy gebots met die Transvaalse onderwysdepartement wat hom nie as onderwyser wou erken nie, al het hy die kwalifikasies gehad.

Dis aandoenlik hoe hy met verskeie soorte alkoholiese verversings in sy studeerkamer dit aanhoudend uitstel om ’n belangrike koevert oop te maak – die inhoud daarvan bepaal indirek die lot van sy familie.

Die vrolikheid, energie en aanvanklik vinnige pas ten spyt; die slottoneel laat jou somber voel.

’n Mens wonder wat die skrywer Themba nog kon vermag het as hy meer tyd gehad het.

Themba was nietemin veelseggend met die pen en het iets betekenisvol vasgevang.

Sy toneelstuk Crepuscule is onlangs weer opgevoer. “The Suit” is tot rolprent verwerk en Mothobi Mutloatse en Barney Simon het dit as toneelstuk in die 1990’s na die Markteater gebring.

* Tot 29 Januarie

Meer oor:  Verhoogstuk  |  Teater  |  Resensie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.