Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Chester laat poppe aanlyn dans as hy rassisme ontgin

Die buikspreker Conrad Koch besef steeds met elke vertoning hy moet aan sy eie rassisme aandag gee.

Hy en sy pop, Chester Missing, bied Vrydag hul konsert How to End Racism virtueel aan.

Chester Missing en Conrad KochFoto: Sarah Isaacs

Dit is aan die begin van die jaar ’n paar keer opgevoer, maar weens die staat van inperking kan aanhangers nou aanlyn inskakel. Dit sou in Junie in Montecasino in Johannesburg op die planke wees en in Augustus in Edinburgh in Skotland.

Die konsert begin met ’n vraag wat Chester aan Koch stel: “Is jy ’n rassis?”

Chester laat Koch kyk na die voorregte wat hy geniet.

“Chester sê hy weet nie hoe om rassisme te beëindig nie, maar die man wat hom laat praat is ’n rassis,” sê Koch.

“Dit is beslis ’n vertoning met vaste struktuur, maar die kern van die konsert is eintlik baie universeel. ’n Mens is nie met opset rassisties nie, maar ons verduidelik hoe kulture op grond van rassistiese idees en ongelykhede gebou is.”

In die verlede het hy vooraf die gehoorlede ’n vorm laat invul waarin hulle voorstelle neerskryf van hoe om rassisme in die kiem te smoor.

Koch en Chester het in 2014 die Ahmed Kathrada-teenrassismeprys gewen.

“Daar is geen manier dat iemand in Suid-Afrika, veral in apartheid, grootgeword het en nie die een of ander vorm van rassisme teëgekom het of daarvan geleer het nie.”

Koch het ’n meestersgraad in antropologie.

“Ek dink baie oor dinge. Daar is twee kante aan my. Die een is laf en oneerbiedig en die ander kant van my is ernstig. Die gehore het sover baie positief gereageer. Mense wil hiervan leer. Hulle wil hieroor praat.”

* How To End Racism begin Vrydag om 20:30. Bespreek by Quicket. Kaartjies kos R75 – 30% van die kaartjieverkope gaan aan die Ahmed Kathrada-stigting.

Meer oor:  Chester Missing  |  Conrad Koch
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.