Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Chester Missing: pret en politiek in een pakkie
Conrad Koch

Met sy produksie Puppet Guy skep die komediant en buikspreker Conrad Koch die geleentheid om oor Suid-Afrika en homself te bepeins terwyl sy pop Chester Missing met vrye teuels politieke en sosiale kommentaar lewer.

Puppet Guy word tot 14 April in Pieter Toerien se Studioteater by Montecasino in Fourways, Johannesburg, aangebied.

Tog fokus Koch, wat verskillende karakters in Puppet Guy vertolk, baie meer op pret as hardebaard-onderwerpe.

“Tegnies gesproke voer ek eintlik ’n gesprek met myself,” sê Koch.

“Ja, sake soos staatskaping, Eskom en die komende verkiesing is deel van die materiaal, maar ek fokus veral op prettige inhoud. ’n Vertoning kan maklik oornag verander, afhangende van wat in die nuus gebeur, maar ek dink ’n mens het nodig om in ons land ook oor goed te praat wat ’n mens gelukkig maak en geniet.”

Die ander karakters wat Koch vertolk, is Hilton, die dansende volstruis van vere en ’n pantoffel, en DJ Hoodie.

Dan tree die gehoorlede ook op wanneer Koch hulle pols.

“Die gehoor geniet die deelname, veral wanneer dit kom by die Snapchat-insetsel waar die betrokke gehoorlid in ’n digitale pop verander. Dit is iets wat in die oomblik snaaks is. Daarom verskil elke vertoning, want die helfte bestaan uit improvisasie. Met die Snapschat-insetsel gebruik ek ’n buikspreekmasker wat die deelnemer na ’n honger leeu laat lyk.”

Dieselfde produksie is ook al in Kanada en in Australië opgevoer.

“In Suid-Afrika is daar sekere nuanses wat ek nie in ander lande sal kan insluit nie, maar ek fokus in ander lande op hul politieke landskap. Ek geniet dit om dié konsert aan te bied, want jy kry die geleentheid om vanuit jou politieke posisie kommentaar op ’n gemeenskap te lewer.”

  • Kaartjies kos R130 tot R180. Bespreek by Computicket.
  • Skakel ook Sondae om 19:30 op eNCA (DStv-kanaal 403) in vir die program Almost News with Chester Missing.
Meer oor:  Chester Missing  |  Conrad Koch  |  Montecasino  |  Komedie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.