Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Chris van Niekerk lees vir mammas op Rosendal
Chris van Niekerk

Die onthou van kindertyd se dinge soos beskryf deur Audrey Blignault, die humor van Fanus Rautenbach en die wyshede van Oscar Wilde – dié stukke en meer sal Chris van Niekerk ter viering van “mammas” op Moedersdag voorlees. Die geleentheid is in Rosendal in die Oos-Vrystaat.

Van Niekerk is nie net ’n deurwinterde akteur nie, hy is ook ’n besonder begaafde voorleser, ’n tegniek wat hy verfyn het en wat volgens hom nie met oortuiging deur sommer enige akteur oorgedra kan word nie.

Diegene wat sy lees van PG du Plessis se Fees van die Ongenooides onthou, sal weet hoe hy taferele met sy stem kan “skets”.

Hy is ook bekend daarvoor dat hy uit sy ruim kennis en versameling boeke presies weet watter stukke by watter geleentheid pas.

Audrey Blignault het hom eerste te binne geskiet toe hy aan Moedersdag dink en “skoon” outydse humor soos dié van die omroeper en skrywer Fanus Rautenbach is ewe gepas vir die dag, sê hy.

’n Ete gaan die aanbieding in Van Niekerk se Rosendal-teater vooraf. Vir R180 per persoon en R90 vir kinders word drie gange voorgesit, waarna die voorlesing volg.

* 12 Mei om 12:30 in Chris se Winkel, Rosendal.

Bespreek by 083 444 2354.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.