Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Committie gooi weer grappe in Montecasino

Die wêreld het ’n “bietjie mal” geword, sê die komediant Alan Committie oor sy produksie Class(y) Clown wat hy tot 1 Desember in die Pieter Toerienteater by Montecasino in Johannesburg opvoer.

“Maar hoe bly ons classy?” vra Committie.

Alan Committie

“Dinge is ’n bietjie laf. ’n Mens is verbaas oor die dinge wat in die wêreld waargeneem word. Mense het my al dikwels gevra of ek op skool die hanswors in die klas was, en ek was nie, maar as onderwyser het ek wel die moontlikheid van komedie raakgesien. Almal het ’n skoolstorie. Ek het so sewe, agt jaar by verskillende skole skoolgehou.”

Die onderwys lê Committie na aan die hart.

“Ek praat onder meer oor die onderwys en om 45 jaar oud te word. Die onderwys is vir my belangrik. Wanneer ek vir ’n politieke party moet stem, kyk ek na hul benadering tot onderwys. En of hulle sake kan regstel.”

Class(y) Clown met regie deur Christopher Weare het in November verlede jaar in die Theatre on the Bay in Kampsbaai in Kaapstad gedebuteer.

“Ek maak altyd notas ensovoorts ná ’n eerste speelvak. Ek skep ook notas op my selfoon. Dit neem so sewe tot agt maande waarin ek dinge waarneem en neerskryf en so vyf tot ses weke wat ek ’n struktuur aan die stuk probeer gee.”

Committie, wat vroeër vanjaar in ’n produksie van William Shakespeare se drama Richard III opgetree het, en bekend is om sy komedies Love Factually en Planet Mirth, skryf tans aan ’n nuwe teks.

Dié produksie, The Lying King, duur van 11 Desember tot 25 Januarie in die Theatre on the Bay. Die speelvak in Johannesburg moet nog bevestig word.

* Vertonings van Class(y) Clown is Woensdae tot Vrydae om 20:00, Saterdae om 15:00 en 20:00 en Sondae om 20:00.

Kaartjies kos R100 tot R240. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Montecasino  |  Komedie  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.