Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Op die verhoog:
David Kramer huldig hier orkeste van langarmdans

David Kramer’s Langarm.

Met Rushney Ferguson en Carmen Botha.

Skrywer en regisseur: David Kramer

Hy was wit, sy was nie. Hulle het die wet oortree deur saam te dans, lui die loklyne vir hierdie teaterproduksie in Kaapstad.

Foto: Jesse Kate Kramer

Dié uitbundige en inspirerende storie uit die hart van David Kramer volg in die voetspore van sy ander treffers soos District Six – Kanala en Kat and the Kings.

Uit die opsomming blyk dit net die regte vermaak te wees gedurende die Desembervakansie, veral vir besoekers aan die Moederstad.

Dit speel in 1965 af toe Dinah Levin haar man verloor het.

Sy nooi haar nefie Jeff om haar oorlede man se hotel te bestuur. Hy ontmoet ’n danser, Angelina. Sy nooi hom uit om saam met haar te dans.

Jeff besluit ook om langarmdanse in die hotel aan te bied om ekstra woema daarin te blaas, Eddie Jephta, die leier van die Moonlight Serenaders, willig in om by die hotel te speel – en Dinah onthou wat alles met haar in haar verlede gebeur het.

David Kramer erken dat hy al jare lank met die idee rondloop om ’n musiekblyspel oor langarmdanse en -orkeste te doen, want hy het met hierdie kultuur grootgeword. “Langarm bring hulde aan die Johnny Lyners Blue Moon Jazz Orkes en Willie se Starlite Orkes,” sê David.

Ander talente het hul kragte saam met David s’n gesnoer hiervoor, soos Kanarie se Charl-Johan Lingenfelder, terwyl die kleurvolle stelle ontwerp is deur Saul Radomsky wat ook vir Le nozze di Figaro se stelle verantwoordelik was.

  • By die Fugard-Teater in Kaapstad. Tot 31 Desember 2018.
Meer oor:  David Kramer  |  Fugard-Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.