Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
David Kramer se ‘Langarm’ binnekort by Fugard te sien

Die nuwe liefdesmusiekspel Langarm van David Kramer het teatergangers in die Kaap behoorlik aan die gons. Tasneem van Rooyen het meer gaan uitvind oor dié teaterstuk.

David Kramer is die skrywer en regisseur van die splinternuwe musiekspel Langarm wat van 20 November by die Fugard-teater gesien kan word.

Langarm, die nuutste musiekspel deur die bekroonde liedjieskrywer, dramaturg en regisseur, David Kramer, sal tydens die feesseisoen van 20 November by The Fugard-teater opgevoer word.

Dié musiekspel, wat vervaardig word deur Eric Abraham, is ’n liefdesverhaal wat afspeel binne die baldanskultuur van Kaapstad in die 1960’s.

Met die apartheidswette wat bo almal se koppe hang, sal die paartjie basies enige iets doen om te oorleef.

“Ek wag al vir baie jare om ’n langarm-geïnspireerde musiekspel te doen,” sê Kramer. “Tydens my grootwordjare het ek gesien hoe my ouers op die musiek van verskillende langarmorkeste dans. Langarm bring ook hulde aan die Johnny Lyners Blue Moon Jazz Band en Willie’s Starlite Orchestra.”

Die verhaal speel af in 1965 met Dinah Levin, ’n weduwee, wat haar neef Jeff nooi om haar met die bestuur van haar oorlede man se Canterbury-hotel te help toe dié se verloofde hom soos ’n warm patat los. By die hotel ontmoet Jeff ’n lieflike jong baldanser, Angelina, wat hom vra om haar dansmaat te wees vir ’n baldanskampioenskap. Jeff sien dit as ’n geleentheid om sy eks in die verleentheid te stel.

Hoewel hy bewus is dat hy die wet oortree, stem hy tog in om met Angelina aan die kampioenskap deel te neem.

Hy besluit ook daar en dan om die hotel meer op te kikker deur langarmdansklasse aan te bied.

Die rolverdeling, volgens Kramer, sluit van Suid-Afrika se beste verhoogkunstenaars in tesame met fenomenale opkomende talent. “Dit gaan betowerend wees.”

“Ons is trots daarop om ons vyfde produksie met David Kramer te doen, na die sukses van District Six Kanala, Orpheus in Africa, Blood Brothers en Kat and the Kings,” sê

Daniel Galloway, uitvoerende direkteur by The Fugard-teater.

  • Langarm is by The Fugard te sien vanaf 20 November om 20:00 op Dinsdae tot Saterdae, met ’n middagopvoering om 15:00 op Saterdae.
  • Vanaf Sondag 16 Desember sal daar bykomende middagopvoerings om 15:00 wees. ’n Spesiale Oujaarsaandopvoering is geskeduleer vir Maandag 31 Desember om 20:00.
  • Kaartjies se pryse beloop vanaf R150 tot R260 en kan bespreek word deur The Fugard by 021 461 4554 te skakel of hul webtuiste te besoek by www.thefugard.com.
  • The Fugard-lede kry 15% afslag.
Meer oor:  David Kramer  |  Teater  |  Vermaak  |  Kuns
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.