Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘DEURnis’ bied weer eiesoortige teaterervaring

DEURnis

Sense-dagspa, Centurion

Ben Pienaar in Koud.

Soms voel dit soos ’n konfrontasie terwyl jy nie eens weet wát tot hierdie (een)gesprek gelei het nie.

DEURnis gee nuwe betekenis aan “teater van die verbeelding”. Hier strek dit veel wyer, want jou gedagtes kan ver gaan na wat presies jy (die aangesprokene) aan of met of vir die speler gedoen het.

As gehoorlid moet jy nie praat nie, maar sekerlik is daar ’n paar gesigsuitdrukkings in die speler se gesigsveld.

Dis weliswaar ’n produksie van minder as 25 minute, maar die selfondersoek wat ontstaan in hierdie bondige tydsduur is verbysterend.

’n Mens kan nie help om jouself in die speler se skoene te plaas nie. Meer nog wonder jy wat jou aandeel in die karakter se lot was.

Want: jý word hier toegespreek. Soms selfs aangespreek. Die speler kyk in jou oë, ’n direkte gesprek net met jou.

Jy voel aanvanklik of jy die speler in die rede val.

Nie deur iets te sê nie, maar deur die drumpel oor te steek waar die speler reeds bedrywig is.

En skielik ontvou die verhaal.

Zander de Beer in Portret.

DEURnis is teater met een speler en een gehoorlid. Vir dié speelvak speel dit by ’n spa af. Die reeks bestaan uit 12 solostukke.

Dit is ’n egter ’n projek waar die sukses van die betrokke solostuk in vele opsigte van die gehoorlid afhang.

Veral ook omdat die gehoorlid se geslag, ras, ouderdom en so meer in sommige gevalle ’n stuk se inhoud heeltemal anders laat oorkom.

Nie almal sal ewe gemaklik wees nie. Behou die gehoorlid oogkontak? Wat sal die gehoorlid se reaksie op sekere handelinge wees, selfs al mag nie gehoorlid nie praat nie?

Dit hou die gehoorlid se aandag.

Eweneens is dit ’n heerlike oefening vir ’n akteur om by so ’n projek betrokke te wees. Geen vertoning is (vermoedelik) dieselfde nie. Die akteur moet noodwendig die mens voor hom of haar kan lees.

Of jy teater ken of nie, hierdie is ’n eiesoortige ervaring. Dit is ’n konsep wat al in ander lande posgevat het.

Die stukke het elkeen, sonder dat dit beplan is, iets met verlies te make.

Die eerste DEURnis-speelvak is verlede jaar in ’n huis in Pretoria aangebied.

Dit val veral op hoe ’n vertrek ook ’n verskil aan ’n produksie kan maak. (Drie stukke, Koud, Nat en Bloos – is in die vorige speelvak in die woonhuis ook opgevoer.)

Deur eerlike spel kan die gehoorlid op allerlei maniere beïnvloed word.

As eenpersoongehoor word ’n mens nie verveeld nie, en al kyk jy miskien weg is dit nie omdat die spelers nie jou aandag hou nie. Elke stuk is uniek, jy weet nie waarvoor jy jouself inlaat nie.

Of dit nou jou soort teaterervaring is of nie, erken ten minste dat dit ’n innoverende konsep is, en die geesdrif – deur die spelers, skrywers én regisseurs – is duidelik.

  • Tot 26 Februarie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.