Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Die Boer maak ’n plan

“Ons gaan nie lê nie, maar intussen moet ons onsself herskep.”

So sê die aktrise Margit Meyer-Rödenbeck, mede-eienaar van Die Boer-restaurant, wat midde-in die Covid-19-pandemie ’n digitale platform, Die Boer – by die huis, begin het.

Terwyl vlak 3 van die staat van inperking Maandag in werking getree het, bly teaters steeds toe.

Schalk Joubert en Koos Kombuis.

Daarom bied Die Boer verskeie aanlyn konserte aan wat toneel en musiek insluit, met kunstenaars soos Koos Kombuis, Marion Holm en Sandra Prinsloo wat optree.

“Ons probeer nie om teater na te boots nie, maar ons wil produksies aanbied,” sê Rödenbeck.

“Die kamerawerk behels baie fyn detail. Maar sodra teaters weer 30 mense of so mag toelaat, gaan ons inspring. Ons wil teater op die verhoog aanbied.”

Die produksies word elkeen in die teater opgeneem.

Schalk Joubert en Koos Kombuis tydens ’n opname van die konsert ‘Koos in kwarantyn’.

Die eerste vertoning kom op 11 Junie aan die beurt met Koos Kombuis en die baskitaarspeler Schalk Joubert se konsert Koos in kwarantyn.

Op 18 Junie word Backstage met Marion Holm bekend gestel.

“Ons beplan om net so twee konserte op ’n slag bekend te maak. Ons wil ook joernaalprogramme en talks shows opneem, maar ons neem dinge stap vir stap.”

Die eenvroustuk Oskar en die pienk tannie, met Prinsloo, word volgende week opgeneem.

Dit sal na verwagting van 2 Julie op die platform wees.

* Kaartjies vir Koos in kwarantyn is reeds by Webtickets beskikbaar en kos R100. ’n Skakel na die konsert word aan jou gestuur en jy kan vir vyf dae daarna kyk, soveel kere as wat jy wil. Koos in kwarantyn is van 11 tot 16 Junie aanlyn beskikbaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.