Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Die Boer ‘ontgrendel’ in Augustus

“Uiteindelik!”

Jurgen Human, mede-eienaar van Die Boer-restaurantteater, ‘bou en breek’ om alles weer spiekeries vir hul heropening te kry. Foto: Facebook

Só sê Margit Meyer-Rödenbeck, aktrise, skrywer en vervaardiger, oor Die Boer-restaurantteater in Durbanville, Kaapstad, wat amptelik op 20 Augustus gaan heropen.

Meyer-Rödenbeck en Jurgen Human, sedert 2005 eienaars van dié instelling, was vroeër vanjaar genoop om die restaurantteater se deure vir ’n onbepaalde tyd te sluit weens die uitwerking van die Covid-19-pandemie. Hulle moes ook al hul personeel aflê.

Nou sê hulle begin hulle “letterlik van voor af” met ’n splinternuwe sjef, voormalige en nuwe personeel, en ’n nuwe spyskaart, “maar met die voordeel van 16 jaar se ondervinding en die ondersteuning van ons gemeenskap en al die kunstenaars in die land”.

“Almal vra nou of ek ’n kristalbal het om te kyk wanneer die pandemie gaan oor wees, dan sê ek net nee, my kristalbal werk steeds nie,” sê Meyer-Rödenbeck.

“Maar dit is net onmoontlik – ons kan nie tot 20 Augustus nog ingeperk wees nie – so ons sal maar tussen die vlae deur moet manoeuvre.

“Ons sal steeds net 50 mense kan akkommodeer tot die president ons toelaat om die helfte van ons kapasiteit, sowat 70 mense, toe te laat, maar dan gaan ons goeters soos ’n Woes-konsert moet doen. Ons skop af met ’n Woes-konsert met Francois van Coke en Wikus (van der Merwe) en Corlea (Botha), wat ook aanlyn beskikbaar gaan wees.”

Human sê om ’n restaurantteater – wat ook verlede jaar vir ’n geruime tyd toe was – weer aan die gang te kry, “is soos om ’n groot skip om te draai. Behalwe vir die nuwe personeel, moet ook alle voorraad wat nie verkoop kon word nie, vervang word en dit beteken ’n groot aanvanklike uitgawe.”

Dit is wonderlike, wonderlike nuus dat Die Boer gaan oopmaak. Dit voel vir my soos ’n hergeboorte, dit voel vir my daar is weer hoop, dit voel vir my ons kan weer aangaan vorentoe, want dit was werklikwaar soos ’n goeie vriend se afsterwe toe julle moes toemaak.
Sandra Prinsloo

Hulle hou wel die blink kant bo, sê hy.

“Dit is opwindend, dog senutergend. Ons moet net voortbeur. As ons nie nou oopmaak nie, gaan ons nie kan oopmaak nie. Maar ons is baie positief en ’n mens moet dit net dag vir dag vat. Die Boer het nie 16 jaar oorleef om net toe te bly nie. So opwindende, lekker tye lê voor. Ons moet hands-on wees, en dit is goed en lekker so.”

Terwyl hulle besig is om Die Boer “reg te ruk”, is die restaurantteater se kalender reeds volgepak met aanbiedinge – ’n program wat hulle Die Boer ontgrendel gedoop het: Sandra Prinsloo keer terug met die stuk Spertyd; die komediant Marc Lottering bied sy jongste vertoning, Loot!, aan; Marion Holm is te sien in Holmruggery; Lizz Meiring bied Kameras, konserte en kleedkamers aan; en sangers soos die Albert Frost-trio, Dan Patlansky, Reënwolf, Pietman Geldenhuys, Gian Groen, Elvis Blue, Jak de Priester, Demi Lee Moore en David Kramer gaan musiek maak.

Besprekings by https://dieboer.com/ is reeds oop.

Wat kunstenaars oor Die Boer-heropening sê

Francois van Coke: My gunstelingplek in die wêreld om te speel, is die noordelike voorstede van Kaapstad, en Die Boer is my gunsteling-venue aan dié kant van die wêreld. Baie bly ek kan weer daar speel!

Pietman Geldenhuys: Ek was laas so opgewonde om terug te gaan iewers heen toe ons een jaar in die berge vasgesneeu is en moes sneeu kook en hase jag. Die Boer wat weer oopmaak, is vir my soos die vergelyking van die verlore seun, behalwe dat nie een van ons weggeloop het nie, maar daar gaan wel ’n gemeste kalf geslag word.

Jak de Priester: Ek is verheug! Die Boer is onlosmaaklik deel van my reis as kunstenaar. Elke nuwe album en show stel ek by Die Boer bekend voordat ek dit deur die land neem!

Amanda Strydom: ’n Welkome lig in die donker! My hart sing saam met Margit en Jurg en die menigte kunstenaars wat só lief is vir Die Boer. Dit is my hartsteater!

David Kramer: Wat vir my so lekker is om by Die Boer ’n show aan te bied, is die waardering van die gehoor en die ondersteuning van die bestuur. Ek sien uit om weer daar op te tree.

Marion Holm: Mag ons almal – die publiek én kunstenaars – oor 20 jaar van nou steeds onthou hoe diep dankbaar ons nou op hierdie oomblik is oor Die Boer wat weer oopmaak. Mag ons hulle nooit weer for granted vat nie en hulle altyd mildelik en met dankbaarheid ondersteun.

Sandra Prinsloo: Dit is wonderlike, wonderlike nuus dat Die Boer gaan oopmaak. Dit voel vir my soos ’n hergeboorte, dit voel vir my daar is weer hoop, dit voel vir my ons kan weer aangaan vorentoe, want dit was werklikwaar soos ’n goeie vriend se afsterwe toe julle moes toemaak.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.