Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Dié 'fawlty towers' kom Sandton toe

Mark Mulder en Annie Robinson in Fawlty Flowers.

Die chaos en manewales van die BBC se sitkom Fawlty Towers se bekende Torquay-hotel is van 31 Julie in Sandton op die planke.

Dié toneelstuk heet Fawlty Flowers en gehoorlede in die Theatre on the Square sit aan asof hulle gaste in die hotel se eetkamer is.

Paul Spence, regisseur van dié stuk, het op dié titel besluit omdat net sekere tonele uit die reeks geskets word en elke toneel is soos ’n blom.

“In elke episode is daar ook ’n ander teken buite die hotel, so ons het gedink aan Flowers.”

Dit is die afgelope twee jaar al dikwels in KwaZulu-Natal opgevoer en een keer in Hartbeespoort, maar nou maak die stuk sy debuut in Johannesburg.

Die oorspronklike reeks met John Cleese en Prunella Scales is in die 1970’s die eerste keer uitgesaai en het uit twee seisoene met ses episodes elk bestaan.

“As jy ’n Fawlty-aanhanger is, sal jy van die produksie hou,” sê Spence.

Fawlty Towers is eintlik baie teatraal, dus leen dit hom goed tot ’n verhoogproduksie. Jy kan maar jou ore spits vir die bekende reëls. Dít sal jy hoor.”

Mark Mulder en Annie Robinson vertolk die rol van die lomp egpaar, Basil en Sybil, wat die hotel in die Engeland bedryf waar alles verkeerd loop.

Spence werk al lank met die akteurs en hulle kom almal van die KwaZulu-Natalse Middeland.

Spence en die akteurs het op ’n dag gepraat oor nuwe projekte. Hy het gevra waarvan sal hulle hou en Mulder het gesê Fawlty Towers is sy gunstelingstorie.

“Omdat dit hulle was, het ek dadelik besef dit sal moontlik wees om so ’n produksie op te voer,” sê Spence.

“Hulle is briljante komediante en hulle vertolk ook meer as een karakter. Sybil se pruik is ook al legendaries en dis merkwaardig hoe Annie die een oomblik Sybil is en kort daarna die rol van die kelner Manuel met ’n snor vertolk – ’n totale transformasie. En die dinge sal verkeerd loop, want ‘fawlty’ is in die naam.”

* Fawlty Flowers is tot 11 Augustus op die planke. Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:15, Sondae om 16:00 en nog ’n vertoning Saterdae om 18:00. Kaartjies kos R75 tot R150. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Bbc  |  Teater  |  Televisie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.