Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Die ontslape storieverteller van Riverlea gesels weer

Die solostuk Van Wyk: The Storyteller of Riverlea oor die ontslape digter en skrywer Chris van Wyk is eersdaags terug op die planke in die Markteater in Johannesburg.

Zane Meas vertolk die rol van Van Wyk met wie hy jare lank bevriend was en wat ’n deurslaggewende rol gespeel het in sy besluit om ’n akteur te word.

Zane Meas en Christo Davids.Foto: Brett Rubin

Hy is ook die teksskrywer en fokus veral op die skrywer se nalatenskap.

Dit word van 13 November tot 15 Desember in die Mannie Manim-teater opgevoer.

Van Wyk is in 2014 in die ouderdom van 57 dood.

Hy is in 1957 in Soweto gebore en het in Riverlea, suid van Johannesburg, grootgeword.

Hy is veral bekend om sy memoires Shirley, Goodness & Mercy en Eggs to Lay, Chickens to Hatch.

Hy is ook die skrywer van die gedig “In Detention” oor die omstrede dood wat baie politici gesterf het.

Die ontslape digter en skrywer Chris van Wyk.

Christo Davids is die regisseur.

Meas skets Van Wyk se grootwordjare, die tydsgees waarin hy grootgeword het, asook sy invloed as skrywer en politieke aktivis.

Met die hulp van Van Wyk se seuns het Meas stemopnames en persoonlike dokumente gekry wat gehelp het om die teks te skryf.

Meas en Davids het Van Wyk vertolk in Janice Honeyman se verhoogverwerking van Shirley, Goodness & Mercy. Meas en Van Wyk het in die 1980’s saamgewerk aan die toneelstuk Smith 4113, wat oor Van Wyk se kindervriend William Smith handel, wat later tronkstraf uitgedien het. Sy nommer as gevangene was 4113.

* Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:15 en Sondae om 15:15. Kaartjies kos R90 tot R150. Studente betaal R70. Bespreek by Webtickets.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.