Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Die teëspoed van liefde op Tinder

Dit kan bra chaoties raak wanneer jy na ’n moontlike maat op ’n digitale platform soek.

Dit is ook die geval in Ashleigh Harvey se toneelstuk The Dead Tinder Society wat vandeesmaand by Montecasino in Johannesburg debuteer.

The Dead Tinder Society begin vandeesmaand in Pieter Toerien se Studio-teater by Montecasino in Johannesburg.

Die stuk deur die teatergeselskap VR Theatrical fokus op die gewilde afspraak-app Tinder.

Dit duur van 25 Julie tot 25 Augustus in Pieter Toerien se Studio-teater.

“As jy al op afsprake gegaan het, sal jy beslis die scenario’s herken,” sê die regisseur Lesedi Job, bekend om toneelstukke soos Brutal Legacy en When Swallows Cry.

“Ek vermoed wel dat die stuk nie nog meer mense na die app sal lok om dit te gebruik nie, maar hulle sal gewis nuuskierig daaroor wees. Daar is mense wat die naam ken, maar dit nog nie verken het nie. So hulle sal dit dalk aflaai, maar nie noodwendig op afsprake gaan nie.”

Lesedi Job

Sharon Spiegel-Wagner vertolk die rol van Jody Green wat op 36 ’n geskeide vrou en die ma van twee kinders is.

Mpho Osei-Tutu vertolk die verskeie karakters waarmee Jody danksy die hulp van ’n vriend op Tinder-afsprake gaan in ’n poging om haar liefdeslewe weer op dreef te kry.

“Ons vertel dit uit ’n vrou se perspektief,” sê Job.

“Dit skets die hele ervaring van Tinder. Daar is nogal ’n wye spektrum. Wat ervaar jy as jy die foto van die persoon sien? Gaan julle mekaar ontmoet? Swipe. Swipe Right. Swipe Mr. Right. Is it a match?

“Daar is mense wat ’n baie goeie ervaring danksy Tinder het, maar vir baie mense loop dit ook skeef. Ons beeld dit komies uit, eerder as om dit dramaties voor te stel. Maar dit is beslis ’n onderwerp wat aandag verdien.”

Jody ontmoet baie uiteenlopende mense, maar is daar werklik een onder hulle wat haar hart vinniger laat klop?

“Ons wil glad nie die app slegsê nie. Ons weerspieël net ’n indruk van hoe dit vir sommige mense uitwerk. Ek dink dit is meer op ’n jonger gehoor gemik. Middel tot laat 30’s of iemand wat geskei is en hierdie veld wil ontdek.”

* The Dead Tinder Society duur van 25 Julie tot 25 Augustus. Kaartjies kos R130. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Montecasino  |  Teater  |  Tinder  |  Digitaal  |  App
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.