Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Dokkie fokus op Afrikaanse teater in Kruik-dae
Die navorser en historikus Amber Fox-Martin

“Ons leef in ’n tyd van ’n kultuur van uitwissing – als wat voorheen was, moet vernietig word. Ek studeer geskiedenis juis om te verstaan wat voor ons gekom het, om te besin oor wat gebeur het en hoe dit by die hede aansluit.”

Aan die woord is Amber Fox-Martin, mederegisseur en navorser van die dokkie, A Feast in Time of Plague, wat die werk van ’n klompie Afrikaanse teaterskeppers by die destydse streekraad Kruik in Kaapstad van die jare 70 tot 90 volg. Dit is binnekort op die dokumentêre rolprentfees Encounters te sien.

Die dokkie is grootliks te danke aan die regisseur Marthinus Basson, sê Fox-Martin. “Ek het al baie met Basson saamgewerk en sy stories oor dié tyd by Kruik is fassinerend. Ons het ook voorgraads (aan die Universiteit Stellenbosch) geleer van die streekrade, en als het nie vir my gestrook nie. Ek het besluit om self ondersoek in te stel.”

Sy het die rolspelers van daardie tydperk vir onderhoude probeer opspoor. “Die een het letterlik na die ander gelei.” Voorts was sy baie ure doenig in die argiewe van die Kunstekaap, waar die bedrywighede van die destydse Kruik geboekstaaf is. “Al die teaterstukke is deur nuusverklarings, dokumente, resensies, foto’s, ensomeer, gedokumenteer.”

Sy het ook gevind dat “dié groepie mense baie meer uitgesproke en aktief betrokke as die Engelse afdeling van Kruik was.

“Baie van die temas wat toe by Kruik op die verhoog aangepak is, was aan die orde in Duitsland en die destydse Rusland. Die groepie was dus in pas met die tyd.”

Sy werk reeds aan haar meestersgraad in geskiedenis, maar wil nie meer verklap nie. “Dit is aansluitend tot hierdie ondersoek en behels weer teatergeskiedenis.”

Fox-Martin hoop om haar dokkie, wat verlede jaar voltooi is, na teatergehore te neem. Sy mik dus na die kunstefeeste en sou dit ook graag vir die Silwerskermfees wou voorlê, tog het Covid-19 ’n stokkie voor haar planne gesteek. Haar medewerker aan die dokkie is Philip Theron.

• Fox-Martin is ’n navorser en ad hoc-lektor verbonde aan die Universiteit Stellenbosch. Sy werk ook as ’n verhoog-en produksiebestuurder en doen ook navorsing vir South African History Online.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.