Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Donker sy van maatskappy

Contractions

Alexander Upstairs-teater

***

Emily Child en Janna Ramos-Violante in Contractions. Foto: Nardus Engelbrecht Photography

Die Maatskappy. Die plek waarvoor jy werk, waar jy die grootste deel van jou dag en lewe slyt.

Hoe belangrik is hierdie instansie in jou lewe en hoe ver is jy bereid om ­agteroor te buig?

Aan die ander kant – hoeveel gee die maatskappy vir jou om? Presies hoe veilig is jy in hierdie omgewing en in watter mate word jou belange op die hart gedra?

Dit is vrae waarmee ­elk­een al gekonfronteer is en wat opnuut by jou spook wanneer jy jou in Emma (Emily Child) se situasie herken.

Ten minste ken die bestuurder haar naam. Dit is meer as wat menige werker kan sê. Maar Emma ken nie die bestuurder (Janna Ramos-Violante) se naam nie; die maatskappy se naam kom ook nie ter sprake nie. So kry elkeen die kans om sy eie gegewens in die ruimte in te vul.

Hierdie amper statiese verhoogstuk begin met ­Emma wat ingeroep word om te hoor hoe sy aanpas, hoe dit met haar gaan en hoe sy met haar kollegas oor die weg kom. Die ­strik­vraag is hoe haar ­verkoop­syfers lyk en of sy beter gaan presteer.

Keer op keer word dieselfde roetine gevolg. Die vrae raak meer persoonlik en Emma besef gou in watter mate haar posisie van haar lojaliteit afhang.

Emma vorder van ’n ­senuagtige nuweling tot ­iemand wat gou leer hoe dié spel werk. Aan die ­einde kan sy die bestuurder se kil vrae met ewe kil ­antwoorde troef.

’n Mens wil aanvanklik dink hierdie soort intimi­dasie is darem te dik vir ’n daalder, maar dan begin jy dink aan soortgelyke “klein opofferings” wat jou maatskappy al geëis het. Is dit werklik so ver verwyder van wat jy in hierdie ­skerpsinnige stuk ervaar?

Ramos-Violante kom ­amper robotagtig voor. ’n Mens wil saam met Emma wonder of sy wel kan bloei. Of vloei daar in daardie are ys, skuil daar agter die spier­wit glimlag ’n grimmige doodsmasker?

Dit is nie ligte vermaak nie, hoewel humor soms verligting bring. Baie na aan die werklikheid, so pasop vir die mes wat enige tyd kan glip . . .

Bespreek by shows.alexanderbar.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.