Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Dramaturg Neil Simon oorlede
Die dramaturg Neil Simon is die naweek oorlede.

Die Pulitzer-bekroonde Amerikaanse dramaturg Neil Simon, bekend om toneelstukke soos Barefoot in the Park en The Odd Couple, is Sondag op 91 oorlede.

Simon het in die NewYork-Presbyterian Hospital weens komplikasies aan longontsteking gesterf.

In sy loopbaan is hy 16 keer vir Tony-teaterpryse benoem en het dit drie keer vir die beste toneelstuk verower.

Hy het ook die oorspronklike draaiboeke van rolprente soos The Out-of-Towners, Murder by Death en The Goodbye Girl geskryf.

Sommige van sy toneelstukke is ook tot rolprente verwerk.

Benewens sy Pulitzer-prys het hy ook die Mark Twain-prys ontvang en is vier keer vir ’n Oscar benoem.

Hy was die enigste lewende mens na wie ’n Broadway-teater genoem is.

Simon is op 4 Julie 1927 in die Bronx, New York, gebore.

Hy was vyf keer getroud, waarvan twee keer met die aktrise Diane Lander was.

Hy word oorleef deur sy vrou, Elaine Joyce, en drie dogters, Nancy, Ellen en Bryn. Het laat ook drie kleinkinders na en een agterkleinseun.

Meer oor:  Neil Simon  |  Broadway  |  Pulitzerprys  |  Flieks  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.