Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Dramaweb SA: Wenners van kompetisie bekend

Die aktrise Ira Blanckenberg sê sy het as eienaar van Dramaweb SA haarself verwens omdat sy ’n toneelspelkompetisie aangebied het.

Anje Moolman
Alice Engela-Mari Grobler
Jacobus Oosthuizen
Wehann Snyman
Mia-Cecilia Kriel

“Dis harde werk en ’n warboel van administratiewe take, maar dan kom die terugvoering van kinders wat nooit geleenthede kry nie en dié wat hoop om eendag drama te studeer en so dankbaar vir die gedetailleerde terugvoering is,” sê sy.

“Die kinders se optrede in die eindrondes het my hart laat ontplof van trots.”

Die eindrondes van die Dramaweb SA-kompetisie het op 3 en 4 Julie plaasgevind en is gestroom.

Vir die eerste ronde het kandidate video-opnames van hul spel gestuur, wat beoordeel is om finaliste in elke graad op skool aan te wys.

Volledige kommentaar is op elke deelnemer se optrede verstrek, wat volgens Blanckenberg beslis ter harte geneem is.

“ ’n Mens kon dit in die eindrondes sien, wat van uitstaande gehalte en baie vermaaklik was.”

Marelee Ferreira
Danelle Jacobs
Kayla Pietersen
Cara-Mari Botha
Pamela Phakhati

Waldi Schultz, een van die beoordelaars in die eindrondes, sê hy kan nie wag om te sien hoe dié jong spelers ontwikkel nie. Hy moedig hulle aan om voortdurend aan hul werk te skaaf en hul stories met “ywer en liefde met die wêreld te deel”.

Die kompetisie is in vennootskap met die Klein Karoo Nasionale Kunstefees en die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging aangebied.

Hier is die wenners:

Gr. RR tot gr. 1

  • Afrikaans: 1. Anje Moolman, Laerskool Die Krans; 2. Alice Engela-Mari Grobler, Laerskool Roodekrans (Dramatix); en 3. Gerhardus Oosthuizen, Voluit Primêre Skool.
  • Engels: 1. Alice Engela-Mari Grobler, Laerskool Roodekrans (Dramatix); 2. Khanya Duvenhage, tuisonderrig; en 3. Stefan Pretorius, Laerskool Randfontein, en Isabella Augusto, Veeashe Studio.

Gr. 2 tot gr. 4

  • Afrikaans: 1. Jacobus Oosthuizen, Voluit Primêre Skool; 2. Wehann Snyman, Laerskool Anton van Wouw; en 3. Leila Erasmus, Welkom Volkskool.
  • Engels: 1. Wehann Snyman, Laerskool Anton van Wouw; 2. Elizabeth Coetzer, Curro Durbanville; en 3. Lourens Pauer, Laerskool Helderkruin (Dramatix).

Gr. 5 tot gr. 7

  • Afrikaans: 1. Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville; 2. Mabel Matthee, Rûens Kollege; en 3. Luhan Kruger, Curro Nelspruit.
  • Engels: 1. Mia-Cecilia Kriel, Curro Durbanville; 2. Ilé Snyders, Laerskool Bredasdorp; en 3. Sebastian Pretorius, Laerskool Randfontein en Janel Meijer, Laerskool Anton van Wouw.

Gr. 8 tot gr. 10

  • Afrikaans: 1. Marelee Ferreira, Curro Windhoek Gimnasium en Danelle Jacobs, Hoërskool Martin Oosthuizen; 2. Monja van Heerden, Hoërskool Noordheuwel; en 3. Genna Labuscagne, Hoërskool Noordheuwel (Dramatix).
  • Engels: 1. Kayla Pietersen, Worcester Gimnasium; 2. Rudo van Diemen, Pretoria Boys High School; en 3. Unathi Mankahla, Hoërskool Parel Vallei.

Gr. 11 en gr. 12

  • Afrikaans: 1. Cara-Mari Botha, Hoërskool Framesby; 2. Zoë Labuscagne, Hoërskool Noordheuwel (Dramatix); en 3. Estia Scheepers, Hoërskool Noordheuwel en Karli Marais, Hoërskool Noordheuwel (Dramatix).
  • Engels: 1. Pamela Phakhati, Apex High School; 2. Emma-Louise van Wyk, Global Leadership Academy; en 3. Jemma Miller, tuisonderrig.
Meer oor:  Atkv  |  Kknk  |  Teater  |  Ira Blanckenberg  |  Drama
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.