Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Een-tot-een: DEURnis stel teaterstukke bekend
Ben Pienaar

Vermaak soos DEURnis is perfek vir diegene wat weens die koronavirus en winterweer binnenshuis is.

Twee splinternuwe teaterstukke is onlangs in hierdie innoverende teaterervaring se aanlyn aanbod gevoeg.

Diegene wat dit nog nie beleef het nie – dit is baie anders as tradisionele teater. Elke teaterganger word deel van die belewenis deurdat daar net twee mense in die virtuele “teater” is – een akteur en een gehoorlid.

Teatergangers kan nou aanlyn kies uit Match en Leila wat nou met die klik van ’n muis saam met War, Witvlag en @wiesjouwihan beskikbaar is.

Match handel oor ’n blinde man, Tertius, wat gereedmaak vir sy eerste afspraak met ’n vrou van wie hy hou. Hy wil haar beïndruk met sy gunstelinghemp met die hibiskuspatroon daarop, maar dié is skoonveld nadat ’n “barmhartige samaritaan” sy wasgoed gekreukel en klam by hom afgelaai het. Tertius reik uit na ’n vreemdeling deur sy Be My Eyes-app wat blindes met ander verbind in tye van nood. Gaan jy kan help? Die gehoorlid is die helper.

Zelda Roelofs

Die akteur is Ben Pienaar en die teks en regie is deur Henque Heymans.

Pienaar sê dit is besonder uitdagend om ’n blinde karakter te vertolk.

“Ek kan glad nie my oë gebruik om met die gehoorlid te kommunikeer nie, en vir ’n akteur is dit nogal wesenlik. Ons repetisies was op Skype en dit het my net gehelp om dié nuwe medium van teater verder te omarm.”

Alles wat met die gehoorlid tydens die virtuele opvoering gebeur soos ’n hond wat blaf, of ’n deur wat slaan, word deel van die toneelstuk.

Heymans het ’n blinde vriend wat die app Be My Eyes gebruik.

“Blinde mense gebruik die app as hulle, byvoorbeeld, ’n krisis het, soos as hulle hul sleutels verloor het en nie daarna kan soek nie. In ons stuk verloor die karakter sy gunstelinghemp wat hy graag op ’n blind date wil dra.”

Braam van der Vyver is die skrywer van die tweede nuwe stuk, Leila.

Die staat van inperking dryf vir Leila, ’n aktrise, tot desperaatheid. Daar is baie wat sy bereid is om te doen om te oorleef. Die aktrise is Zelda Roelofs en die regisseur is Lihan Pretorius.

Vir besprekings (en alle ander inligting) besoek www.deurnis.co.za. Kaartjies kos R80 per vertoning en die stukke is elkeen tussen 15 en 20 minute lank.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.