Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Eerste teater bring verlossing, salf ná maande van inperking
John MaythamFoto: Mark Wessels

The Outlaw Muckridge

Baxter-teater, Rondebosch

Laetitia Pople

Op die oog af sien jy aanvanklik ’n slonskous met toutjieshare. Algaande laat die dramaturg Louis Viljoen jou dieper kyk na en meeleef met die karakter in sy jongste toneelstuk, die solostuk The Outlaw of Muckridge.

Die veteraan-omroeper John Maytham transformeer op die verhoog in ’n bitter, woedende, middeljarige man. Hy tier behoorlik op die klein verhogie besaai met droë herfsblare, wat warrel en kraak onder sy voete.

Soos die bros blare is hy ook in die najaar van sy lewe, sy tyd om geluk te soek en na te jaag of dalk net berusting te kry, is byna verby, besef die kyker terdeë. Dit verhoog die tragiek van die gegewe.

As gehoor ervaar jy die emosionele wond wat hom toegedien is as kind, wat steeds sal bloei solank sy sieklike ma in die kamer langsaan leef, maar vir seker ook daarna. Hulle is verbind met die onsigbare kettings van mishandeling en geestelike kleinering.

Daar ontbreek ’n wilskrag by hom om aan dié vernietiging te ontsnap, behalwe in wilde verbeeldingsvlugte as ’n outlaw in ’n Western, soos wat hy as kind (dalk) op die kassie beleef het. Het hy werklik daardie tydjies as kind saam met sy pa beleef? Hy vind ’n kinderlike plesier in die drome, maar dit is van korte duur.

Maytham neem sy gehoor saam met hom. Hy raak verwonderd en vol bravade soos ’n klein seuntjie met ’n vonkel in die oë as hy oor cowboys praat, hy verkrummel onder vernedering en word verniel tot ’n stukkie mens, hy skep vrees, maar ook walging in sy karakter. Die mishandeling sou verder uitkring as daardie woonstel, waar stilte ook ’n aanklag van skuld word. So verreikend is dit wat ’n kind aangedoen word.

Viljoen het hier fyn drade geweef uit verskrikking – hy skep begrip en deernis vir sy karakter. Die stuk gaan sit nie in jou klere nie, dit vat aan jou soos goeie teater behoort te doen.

Dit is so gepas om The Outlaw Muckridge as eerste teaterervaring te hê ná maande van inperking. Dit wys waarom ons die kunste so nodig het. Dit is ons verlossing en salf.

• Die regisseur is Alan Committie. Die stelontwerper is Niall Griffin.

• Tot 24 Oktober elke aand om 19:00. Saterdag is daar ook om 16:00 ’n vertoning.

Meer oor:  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.