Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
‘Fawlty Flowers’ blom nou op Sandton se plein

’n Behoorlike deurmekaarspul is te wagte in Paul Spence se verhoogverwerking van die gewilde BBC-sitkom Fawlty Towers wat vandeesmaand in die Theatre on the Square in Sandton terug op die planke is.

Die reeks is verlede jaar hier opgevoer en dit was so gewild dat dit weer van 15 tot 26 Oktober aangebied word.

Mark Mulder en Annie Robinson in Fawlty Flowers.

Spence, ook die regisseur, se stuk word egter Fawlty Flowers genoem omdat net sekere dele van die reeks uit die 1970’s in die verhoogweergawe gebruik word.

Die gaste in die Torquay-hotel in Devon in Engeland wat deur die egpaar Basil en Sybil bedryf word, is stellig nie altyd vol lof oor hul verblyf nie, maar hulle kan beslis nie oor ’n vervelige tyd kla nie.

Twee reekse met ses episodes elk is in 1975 en 1979 met John Cleese en Prunella Scales uitgesaai.

Cleese en Connie Booth, wat gedurende die eerste seisoen getroud was, het die reeks vervaardig. Booth het ook in die reeks as Polly verskyn. Sy en Cleese is geskei voordat die opname van die tweede seisoen begin het.

In Spence se Fawlty Flowers met Mark Mulder en Annie Robinson is die gehoor deel van die rolverdeling deurdat hulle as die gaste in die hotel se eetkamer beskou word.

Mulder en Robinson vertolk al die karakters.

Mulder en Robinson het dit al dikwels in KwaZulu-Natal opgevoer. Mulder het voorheen in reekse verskyn soos The Game en Glaskasteel. Robinson het in reekse soos Andries Plak en River Horse Lake verskyn.

Die spelers neem die gehoor op ’n herinneringsvlug en hulle sal tonele uit die destydse reeks herken.

* Fawlty Flowers word van 15 tot 26 Oktober opgevoer. Vertonings is Dinsdae tot Saterdae om 20:15, Saterdae om 16:00 en nog ’n vertoning Saterdae om 18:00. Kaartjies kos R100 tot R150. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Bbc  |  John Cleese  |  Sandton  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.