Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Feesproduksies debuteer in Pretoria
Jenna Dunster en Paul du Toit in Uit die bloute. Foto: Mlungisi Louw

Die musiekproduksie Uit die bloute, met verhale en gedigte deur Eugène Marais, en Louis Pretorius se komiese toneelstuk 3 susters is in Februarie in die Atterburyteater op die planke.

Dié produksies het albei in 2018 hul debuut gemaak by die Innibos Laeveld Nasionale Kunstefees in Mbombela (Nelspruit).

Uit die bloute deur Ilse van Hemert, ook die skrywer en mede-regisseur van die kykNET-dramareeks Spoorloos, is in 1996 die eerste keer aangebied.

Henriëtta Gryffenberg is die regisseur.

Paul du Toit, wat in die 2018 die Fiësta-teaterprys as beste manlike akteur gewen het vir Melk en vleis, en Jenna Dunster vertolk die hoofrolle. Die musikante Lizanne Barnard, Leon Ecroignard, Jahn Beukes en Pyjama Shark tree ook op.

Twee verhale deur Marais, “Die lied van die reën” en “Salas Y Gomez”, word opgevoer.

Barnard, een van die medevervaardigers en voorheen van Marimba!-faam, het die toonsettings van Marais se gedigte gedoen.

Die stryd om water en onderdrukking is in “Die lied van die reën” onder die loep, terwyl ’n boer in “Salas Y Gomez” ná ’n rotsstorting op ’n rotslys vasgekeer is.

Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm in 3 susters. Foto: Robert Hamblin

3 susters word van 20 tot 24 Februarie vir die eerste keer in ’n stad opgevoer.

Pretorius, bekend om reekse soos Fynskrif en Boland Moorde, skets in dié komedie drie susters wat op ’n lughawe gestrand is.

Die susters word vertolk deur Lizz Meiring, Margit Meyer-Rödenbeck en Nicole Holm met regie deur Tara Notcutt.

Hulle wag op die lughawe vir ’n vertraagde vlug na Thailand. Terwyl die susters die tyd verwyl met kaarte, boeke, cappuccino’s en vlymskerp tonge, word lewenskeuses uitmekaar getrek en ou koeie opgegrawe. So hier sit hulle nou. Sal hulle ooit daar kom? Het hulle nog lus vir die reis?

* 3 susters is van 20 tot 23 Februarie om 20:00 en op 24 Februarie om 16:00. Kaartjies kos R160 tot R180. Bespreek by iTickets.

* Uit die bloute word op 26 Februarie om 20:00 opgevoer. Kaartjies kos R160 tot R80. Bespreek by iTickets.

Meer oor:  Innibos  |  Atterburyteater  |  Feeste  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.