Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Feesproduksies trek op na Pretoria

Talle verhoogproduksies wat op feeste gedebuteer het, maak binnekort ’n draai in die Jakarandastad.

Geon Nel, Albert Pretorius en De Klerk Oelofse in Nêrens, Noord-Kaap.

* Die toneelstuk Nêrens, Noord-Kaap, deur Nico Scheepers word Sondag en Maandag in die Atterburyteater opgevoer.

Dit is die eerste keer in 2017 op die Vrystaat Kunstefees opgevoer.

Geon Nel, Albert Pretorius en De Klerk Oelofse vertolk drie boers wat mekaar lank nie gesien nie en hulle kom weer byeen vir hul pa se 60ste verjaardag. Die broers is gewone mense, nes die susters van Amper, Vrystaat (ook deur Scheepers), met al hul liefde, haat en soeke na die broederskap wat hulle verloor het.

Dié produksie vorm deel van die Optog!-toere.

Vertonings is Sondag om 18:00 en Maandag om 20:00. Kaartjies kos R180. Bespreek by iTickets.

Nagskofkliek
Melt Sieberhagen

* Die tweemanstuk Nagskofkliek oor ’n wag wat met ’n winkelpop klets word op 18 Augustus twee keer in die Atterburyteater opgevoer.

Die stuk deur Retief Scholtz het vanjaar op die Innibos Laeveld Naisonale Kunstefees sy debuut gemaak. Die komediant Melt Sieberhagen maak sy terugkeer na die verhoog en speel teenoor Albert Pretorius. Sieberhagen vertolk die rol van Hans Gouws, ’n veiligheidswag, wat sy agtste agtereenvolgende Paasnaweek aan diens by We Crate You Up Storage Solutions deurbring. Dit pla hom nie en hy gesels land en sand met die winkelpop in die hoek. Dan verskyn Man, die nog donkerder karakter wat Pretorius vertolk.

Woutrine Theron speel in ’n Oulap se rooi.

Dit is ’n toneelstuk vol ligte oomblikke, maar dit het ook ’n donker kant.

Sandra Prinsloo in Moedertaal.

Vertonings is om 15:00 en om 18:00. Kaartjies kos R150 tot R170. Bespreek by iTickets.

* Die produksie ’n Oulap se rooi, ’n samestelling uit die skryfwerk van die essayis en joernalis Audrey Blignault, word op 15 September in die Pierneefteater in Pretoria aangebied.

Wynand van Vollenstee en Lizz Meiring in Non met vakansie.

Dié solostuk met Woutrine Theron het op die US Woordfees in Stellenbosch gedebuteer.

In ’n Oulap se rooi leer ken die gehoor vir Blignault wat in 2008 in die ouderdom van 92 dood is.

Talle essaybundels het uit haar pen verskyn, wat Die rooi granaat, Met ligter tred, Die plesierboom en Oulap se rooi insluit. Blignault het ook Vrouerubriek op die Suid-Afrikaanse radiodiens vir jare behartig. Sy is met die Eugène Marais-prys vir haar werk in 1961 vereer, asook in 1965 met die W.A. Hofmeyr-prys vir Met ligter tred.

Die produksie met Theron sluit Blignault se sketse, essays en kortverhale in.

Die produksie begin om 15:00. Kaartjies kos R100 tot R120.

Bel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos na info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

* Sandra Prinsloo keer terug met die eenvroustuk Moedertaal wat op 6 September in die Atterburyteater op die planke is. Dié verhaal van deernis en liefde deur die teatermaker Nico Scheepers het in 2017 by die KKNK in Oudtshoorn sy debuut gemaak en dit is ook by ander kunstefeeste aangebied. Die verhaal gaan oor die middeljarige Nellie wat al geselsend langs die see in Melkbosstrand loop. Sy vertel hoe sy verlief geraak het, van haar troue, van Roelfie (haar en Johannes se mooiste fout), van Johannes se drome oor die verhoog en sy mooi woorde.

Die konsert begin om 20:00 en kaartjies kos R180.

* Die toneelstuk Non met vakansie met Lizz Meiring en Wynand van Vollenstee word op 10 September in die Atterburyteater opgevoer. Gert van Niekerk is die regisseur van die produksie wat by die KKNK in Oudtshoorn gedebuteer het. Meiring vertolk die rol van Anna wat op 18 as ’n Afrikaanse Protestantse middelklasmeisie geroepe gevoel het om ’n non te word. Sy wonder nou of sy destyds die regte besluit geneem het. Die opvoering begin om 20:00. Kaartjies kos R160.

Bespreek by iTickets.

* In die tragikomedie Narkose dra die akteurspaar Elize Cawood en Wilson Dunster die rooi neuse van twee gehawende ou narre wat steeds aan hoop vasklou.

Dit word op 22 September in die Pierneefteater opgevoer.

Die twee narre, Koos en Koos, is lede van ’n sirkus wat aan flarde lê. Die sirkusbaas is weg met al die geld, die ander (jonger) lede van die geselskap staak en gaan aan die drink omdat hulle nie betaal is nie en hier staan die twee Kose nou op ’n ashoop en probeer om van die lewe sin te maak.

Dis ’n deurmekaarspul, maar hulle oorleef, al is hulle eintlik lankal nie meer in staat om fisiek te doen wat die sirkus van hul vereis nie.

Die konsert begin om 15:00. Kaartjies kos R135 tot R145. Bel 012 329 0709 of stuur ’n e-pos na info@pierneefteater.co.za om te bespreek.

Elize Cawood en Wilson Dunster in Narkose.
Meer oor:  Lizz Meiring  |  De Klerk Oelofse  |  Albert Pretorius  |  Sandra Prinsloo  |  Atterburyteater  |  Pretoria  |  Feeste  |  Moedertaal  |  Innibos  |  Kunstefeeste  |  Toneel  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.