Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Flieks van uitstaande produksies in die Fugard
’n Toneel uit The Madness of George III.

Toneelopvoerings van Brittanje se Royal Shakespeare en National Theatre, balletproduksies van die Royal Ballet en selfs ’n ballet van die gevierde Bolsjoi-geselskap in Moskou word in Desember en Januarie in die Fugard-bioskoop in Kaapstad vertoon.

Vertonings is Sondae om 10:00.

* 2 Desember: Romeo and Juliet (The Royal Shakespeare): Die wêreld se bekendste en mees tragiese liefdesverhaal.

* 9 Desember: Mayerling (Royal Ballet): Een van die uitdagendste rolle wat tot nog toe vir ’n mansdanser geskep is, is dié van kroonprins Rudolf aan die Oostenryks-Hongaarse hof met al sy intriges.

* 16 Desember: Cyrano de Bergerac (Comédie Française): ’n Klassieke heroïese komedie deur die Franse skrywer Molière. In Frans met Engelse onderskrifte.

* 23 Desember: The Nutcracker (Royal Ballet): Tsjaikofski se geliefde ballet wat op Oukersaand afspeel wanneer al die speelgoed lewend word.

* 6 Januarie: The Madness of George III (National Theatre): Alan Bennett se verhaal van dié 18de eeuse Britse koning wat al hoe meer onstabiel optree.

* 13 Januarie: Julie (National Theatre): August Strindberg se weergawe van die stryd tussen Julie en Jean in die woonstel onder haar.

* 20 Januarie: La Sylphide (Bolsjoi): ’n Man laat vaar alles op soek na die liefde van sy lewe.

* 27 Januarie: The Merry Wives of Windsor (Royal Shakespeare): John Falstaff loop hom vas teen die vroue van Windsor.

* Die kaartjies kos R100 en is te kry by die Fugard-kaartjiekantoor (021 461 4554) of aanlyn by www.thefugard.com. Vriende van die Fugard en pensioentrekkers kry afslag.

’n Toneel uit die Tsjaikofski-ballet The Nutcracker.

Meer oor:  Ballet  |  Flieks
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.