Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Fopdossers neem musiekspel-treffers op horings
Die fopdossers Jonny Woo (links) en Le Gateau Chocolat. Foto: Steve Ullathorne

Liedjies uit gewilde musiekspele gaan op ’n eksentrieke konsert in Kaapstad deur twee Britse fopdossers uitgevoer word.

Jonny Woo en Le Gateau Chocolat, die verhoogname van onderskeidelik Jonathan Wooster en George Ikediashi, gaan hul skreeusnaakse en bekroonde revue A Night at the Musicals vir die eerste keer in Suid-Afrika opvoer.

Dié produksie sluit benewens komediesketse en heelwat vet pret ook die duo se weergawe van talle trefferliedjies uit musiekspele in, soos The Phantom of the Opera, Les Misérables, Annie, Cats en Beauty and the Beast.

Volgens Dean Roberts, reklameagent by die Theatre on the Bay en Pieter Toerien-produksies, moet gehore hulleself in hul stoele vasgordel vir die kaskenades wat in dié produksie op hulle wag.

“Die revue het elemente van ’n burleske, maar dit is uit en uit ’n fopdos-produksie vol sang en humor,” sê hy.

Dié produksie sluit benewens komediesketse en heelwat vet pret ook die duo se weergawe van talle trefferliedjies uit musiekspele in, soos The Phantom of the Opera, Les Misérables, Annie, Cats en Beauty and the Beast.

“Hulle het ook geen skaamte nie en het ons reeds gevra of ons sogenaamde string spray (plastiekskuim wat uit ’n spuitkannetjie gespuit word) aan hulle kan verskaf. Hulle wil definitief pret in die vertoning hê!”

Die produksie is die soveelste vanjaar waarin fopdossers in die kollig is: Die musiekspel The Rocky Horror Picture Show en die Amerikaanse fopdosser Bianca del Rio se komedievertoning was reeds in Kaapstad op die planke – ook die musiekspel Kinky Boots is nog tot 2 Februarie 2020 in die Fugard-teater te sien. Roberts sê hy het nog nie so ’n oplewing en aanvraag na fopdosproduksies beleef nie.

“Ek dink dit is alles te danke aan (die Amerikaanse fopdosser) RuPaul wat wêreldwyd met sy werklikheidsreeks RuPaul’s Drag Race die sluier op die fopdoskultuur gelig het.

“Hy het gewys dat fopdossers nie enige bedreiging vir ander inhou nie en hoe tong-in-die-kies, talentvol en vermaaklik hulle kan wees,” sê hy.

“Hulle is ook menslik en baie, baie snaaks – en dit is presies wat in dié vertoning voorlê.”

  • A Night at the Musicals word van 17 September tot 5 Oktober om 20:00 in die Theatre on the Bay opgevoer. Kaartjiepryse wissel tussen R120 en R200. Bespreek by Computicket of skakel 021 438 3301. Die ouderdomsbeperking is 13 OL.
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.