Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Frans Swart praat oor sy gesondheid

Hy het nie ’n beroerte of ’n bloedklont gehad nie, sê Frans Swart, bestuurshoof van Lefra Produksies, nadat gerugte onlangs die rondte oor sy gesondheid gedoen het.

“Ek was wel in die hospitaal nadat ek baie ’n vreemde mediese toestand ervaar het.”

Frans Swart, bestuurshoof van Lefra Produksies.

Swart het sowat drie weke gelede gevoel in sy linkerarm verloor, maar die “dooie gevoel” het later weggegaan.

Hy het omstreeks 02:00 wakker geword en sy spraak was skielik gebrekkig.

Hy is in die N17-hospitaal in Springs aan die Oos-Rand in die hoësorgeenheid opgeneem en twee dae later ontslaan.

“Verdere toetse is gedoen en dr. Hans Roos, ’n internis by die Waterfall City-hospitaal, sê die mediese toestand is moontlik deur ’n vorige trauma veroorsaak.”

Swart en sy gesin is ’n paar jaar gelede by sy huis aangeval.

Dit kan moontlik met sy toestand verband hou.

Swart het nie permanente skade opgedoen nie.

“Ek voel nie op my sterkste nie, maar ek is terug by die werk. Ek wou net enige onduidelikheid uitskakel, want mense het begin bespiegel oor wat met my gebeur het. Stories het selfs al begin loop dat Lefra se voorbestaan in die gedrang is. Maar sake gaan soos altyd voort.”

Meer oor:  Lefra Produksies  |  Frans Swart  |  Gesondheid  |  Hospitaal
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.