Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Teater
Freud en C.S. Lewis takel mekaar weer
Graham Hopkins en Antony Coleman in die toneelstuk Freud’s Last Session.

Die bekroonde internasionale toneelstuk Freud’s Last Session, ’n fiktiewe ontmoeting tussen die psigoanalis Sigmund Freud en die skrywer C.S. Lewis, is op openbare aanvraag terug in die Theatre on the Square in Sandton.

Die Amerikaanse dramaturg Mark St. Germain stel hom in sy teks voor hoe ’n intellektuele en filosofiese gesprek oor godsdiens en wetenskap sou verloop op die dag toe die Tweede Wêreldoorlog uitgebreek het.

Die stuk, wat in 2011 die Off Broadway Alliance-prys ontvang het, word van 28 Augustus tot 15 September opgevoer.

Freud was ’n wetenskaplike en krities teenoor gelowiges. Geloof het egter ’n belangrike rol in Lewis, ’n Christelike skrywer wat ook bekend is vir sy fantasiereeks, The Chronicles of Narnia, se lewe gespeel.

Graham Hopkins vertolk die rol van Freud en Antony Coleman dié van Lewis.

“Daar was al soveel versoeke dat ons dit moet terugbring,” sê Alan Swerdlow, regisseur van dié produksie.

“Dit is lekker dat mense hierdie soort werk wil sien, want dit is ’n baie ernstige toneelstuk en dit roer groot lewenskwessies aan, maar die skrywer doen dit op ’n toeganklike manier. ’n Mens vereenselwig jou onmiddellik daarmee.”

Dit speel af in September 1939, met BBC Radio op die agtergrond wat die jongste nuus uitsaai. Freud is in werklikheid ongeveer drie weke ná die uitbreek van die oorlog dood.

In ’n stadium word die stem van Neville Chamberlain, die Britse premier, gehoor wat verklaar dat Adolf Hilter nie op hul ultimatum gereageer het nie.

“Daar is ’n inskrywing in Freud se dagboek waar hy geskryf het dat hy graag met Lewis sou wou praat,” sê Swerdlow.

“Dit is die prag van die teks. Indien hulle nie ontmoet het nie, laat ons dit gebeur . . . Daar is ook lekker humor tussen die twee denkers. Dit is fassinerend om hulle dop te hou, twee mense met radikaal verskillende denke en elkeen praat sin.”

* Freud’s Last Session word van 28 Augustus tot 15 September opgevoer. Kaartjies kos R150. Bespreek by Computicket.

Meer oor:  Godsdiens  |  Wetenskap  |  Teater
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.